Netumbo is the only Swapo candidate - Shaningwa.
Netumbo is the only Swapo candidate - Shaningwa.

'Nandi-Ndaitwah is Swapo se enigste kandidaat'

Kry glo louwarm reaksie in Rehoboth
Slegs sowat 400 mense het opgedaag vir Swapo se byeenkoms in die Hardapstreek.
Elvira Hattingh
Elizabeth Joseph - Sowat 400 mense het die afgelope naweek opgedaag vir Swapo se byeenkoms in die Hardapstreek - in Rehoboth se Blok E of by Vredesboom - gelei deur die party se presidensiële kandidaat en Swapo-visepresident, Netumbo Nandi-Ndaitwah.

Tydens Nandi-Ndaitwah se bekendstelling het die party se sekretaris-generaal, Sophia Shaningwa, gesê sy wil dit "baie duidelik" stel dat die visepresident die party se enigste kandidaat vir Namibië se presidensiële en nasionale vergaderingverkiesings in 2024 is. Sy het bygevoeg Nandi-Ndaitwah is ’n gesoute diplomaat met goeie bande in die buiteland.

“Ek praat van iemand wat nooit getwyfel het nie en standvastig gebly het. ’n Gesoute politikus. Sy sal jou nooit in die steek laat nie. Sy (Nandi-Ndaitwah) het my ’n raadslid gemaak en en my deur veldtogte ondersteun. Ek dink dit is hoog tyd dat ek dieselfde doen. Ek is klaar, ek is die sekretaris-generaal,” het Shaningwa gesê.

Dit volg nadat Nandi-Ndaitwah tydens die party se sewende kongres as sy volgende presidensiële kandidaat verkies is. Dit is ook die sesde streek wat die visepresident sedertdien besoek het om die uitslae van die afgelope kongres met ondersteuners te deel.

“Ek belowe om die verantwoordelikheid na te kom wat julle my gegee het. Daar is niks wat ons vorentoe kan doen om die uitdagings van ons mense die hoof te bied tensy ons verenig is nie,” het sy gesê.

Nandi-Ndaitwah het verder die toerismeverwante ekonomiese moontlikhede bespreek wat uit die Hardapstreek vanaf die Oanobdam, Hardapdam en die Hoachanas-nedersetting kan kom.

LOUWARM

Tydens die byeenkoms was die skare se reaksie louwarm, hoewel die tafel waar Swapo-hoës gesit het, glo in luide applous losgebars het toe die visepresident opgedaag het.

Die saamtrek is bygewoon deur lede van die Swapo-politburo en die party se sentrale komitee, insluitend Sisa Namandje, Iipumbu Shiimi, Lucia Witbooi asook Shaningwa. Daarbenewens was verskeie Swapo-raadslede - insluitend die ouderlinge en vroueraad – ook teenwoordig.

Nandi-Ndaitwah het gesê die gemeenskap moenie haar besoek aan die streek verwar as ’n veldtogfoefie nie, maar eerder ’n geleentheid vir partylede om ingelig te word.

“Dit is nou tyd vir die Hardapstreek om terug te gaan en strategies te dink oor hoe ons (Swapo) ons streek van die opposisie kan terugeis.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!