NEFF gooi handdoek in
Die leier van die Namibia Economic Freedom Fighters (NEFF) sê hulle gaan nie teen die deregistrasie van die party deur die Verkiesingskommissie (ECN) baklei nie, omdat dit glo sinneloos is om teen die stelsel te probeer veg.
“Soos dit nou staan, sal ons nie by die November-verkiesing op die stembrief verskyn nie. Selfs as ons die party wou herregistreer, is die tyd verby," het Epafras Mukwilongo in 'n onderhoud gesê.
Hy het verder beweer dat die deregistrasie van hul party verband hou met hul stryd vir Namibiese werkers wat deur hul base uitgebuit word en wat volgens hom finansiers van die regerende party was.
“Ek het gehoor van die geheime vergaderings tussen die finansiers van die regerende Swapo-party. Destyds het ons dit nie ernstig opgeneem nie, maar dit het nou alles aan die lig gekom."
Mukwilongo voer aan dat Swapo ’n manier gesoek het om hulle te 'hanteer', omdat hulle by die party se finansiers betrokke geraak het.
“Die beweringe is dat ons beleggers bang gemaak het om na Namibië te kom, maar ons weet almal dat die beleggers waarna hulle verwys die Indiërs en die Chinese is wat sakebelange in Namibië het en hulle buit ons mense uit.”
"Ons het die deregistrasie van ons party aanvaar, want dit sal sinneloos wees om die stelsel te beveg. Al gaan ons na die howe, dit is steeds hulle mense, daarom sal ons dit los," het Mukwilongo beweer.
AMUSHELELO VAT OOK DIE PAD
Ná die deregistrasie van NEFF het die party se kommissaris vir ekonomiese ontwikkeling, Michael Amushelelo, die party verlaat. Amushelelo het by navraag gesê dat hy homself sal uitspreek oor hoekom hy die party verlaat het, maar dat die deregistrasie van die party 'n beduidende impak op sy besluit gehad het.
"Ek sal in die komende dae of weke 'n inligtingsessie vir die media hou waar al die vrae wat jy het, aangespreek sal word," het Amushelelo gesê.
Op die vraag of hy enige versoeke van politieke partye ontvang het, het Amushelelo bevestig dat daar wel versoeke was. Volgens hom sal hy besluit om by ’n party aan te sluit wat in lyn met sy beginsels is.
“As ek byvoorbeeld teen homoseksualiteit is, kan ek nie deel wees van 'n party wat dit ondersteun nie. Daarom sal ek 'n politieke tuiste kies wat dieselfde oortuigings as ek het. Dit is al wat ek vir nou kan sê,” het Amushelelo gesê.
DEREGISTRASIE
Die ECN het die NEFF daarvan beskuldig dat hy versuim het om sy geouditeerde finansiële state vir die tydperk van 2022-'23 in te dien en versuim het om 2020-'21 en 2021-'22 se verkorte weergawes van geouditeerde finansiële state te publiseer in twee dagblaaie wat regdeur Namibië sirkuleer en soos wat deur die wet vereis word.
Ná die deregistrasie is die NEFF gesê sy wetgewers moet die parlement ontruim. Dit beteken Mukwiilongo en sy adjunk, Kalimbo Iipumbu, moes die parlement verlaat. Die Christen-Demokratiese Stem (CDV) is ook gederegistreer en die parlementslid, Gotthard Kandume, moes ook die setel ontruim. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie