CHALLENGED: The construction of the party’s N$730 million headquarters has also had a major impact on Swapo’s finances. PHOTO: FILE
CHALLENGED: The construction of the party’s N$730 million headquarters has also had a major impact on Swapo’s finances. PHOTO: FILE

Nekslag vir Swapo se geldsake

Kommer oor partyhulpbronne wat kwyn
Hoewel die party se sakeryk nog staan, het Swapo miljoene aan staatsfinansiering verloor na sy swak prestasie in die jongste algemene verkiesing.
Yandi Du Plessis
JEMIMA BEUKES en MATHIAS HAUFIKU

‘n Verslag wat Swapo se sekretaris-generaal, me. Sophia Shaningwa, die afgelope naweek by die party se kongres voorgelê het, het ‘n somber prentjie oor sy geldsake geskets – met inkomste wat teen ’n kommerwekkende tempo afgeneem het.

Die opgesomde ontledingsverslag oor finansiële inligting wat deur die ouditeursfirma BDO opgestel is en die tydperk April 2017 tot Maart 2018 dek – wat aan afgevaardigdes by die kongres voorgelê is – het ook aan die lig gebring dat die party se inkomste sedert 2019 met byna N$30 miljoen gekrimp het.

Die party se inkomste, wat in 2019 op N$97 miljoen gestaan het, het in 2022 tot N$71 miljoen gekrimp.

Afgevaardigdes het antwoorde gesoek oor dié verlies, met sommige wat aangevoer het die party se geldsake hou dieselfde bedreiging vir Swapo se voortbestaan in as die politieke uitdagings wat hulle in die gesig staar.

OMVATTENDE VERSLAG

Die party oorweeg nou stappe om dié inkomstevermindering om te keer, met Shaningwa se bekende gesegde, “ons het al die geld”, wat nou oënskynlik in stryd is met die party se werklike finansiële situasie.

Ons susterkoerant Namibian Sun het verneem sommige afgevaardigdes was ontevrede met die opgesomde weergawe van die finansiële verslag wat aan hulle voorgelê is, en het daarna op ‘n omvattende verslag aangedring, wat die partyleierskap na bewering versuim het om voor te lê.

“Dit het gelyk of sy nie eens verstaan waarvan ons praat nie,” het een afgevaardigde gesê.

PRESTASIEVERWANT

Die verslag dui ook aan dat die party se netto surplus ‘n groot knou gekry het en van N$17 miljoen in 2018 tot ‘n netto tekort van N$5,6 miljoen in 2022 geval het.

Die partyleierskap het die daling in inkomste hoofsaaklik toegeskryf aan verminderde politieke finansiering en sy nuwe hoofkwartier, wat teen ‘n koste van meer as N$700 miljoen gebou word.

Die party se swak prestasie by die algemene verkiesing in 2019 spook nou oënskynlik by hom, in ag genome die aansienlike afname in regeringspartyfinansiering vir die setels wat die party in die parlement beklee.

Die verslag toon dat staatsfinansiering afgeneem het van N$95 miljoen in 2018 tot N$68 miljoen in 2022. Ledegeld het ook gedurende die verslagtydperk van N$1,9 miljoen tot N$1,7 miljoen gekrimp. Dit is nie bekend of die afname in ledegeld te wyte is aan ‘n verlies van lede wat Swapo vir ander partye verlaat, en of lede eenvoudig nie hul ledegeld betaal nie.

INKOMSTE EN UITGAWES

Inkomste uit donasies het gedurende die verslagtydperk van N$103 276 tot N$590 656 gestyg, terwyl dividende uit sy sakeryk eksponensieel gestyg het van N$8 miljoen tot N$186,5 miljoen gedurende dieselfde tydperk.

Luidens die verslag verkry Swapo sy inkomste hoofsaaklik uit staatsfinansiering, ledegeld, skenkings, banklenings en onbekende beleggings. Gedurende die verslagtydperk het die party N$258 miljoen se inkomste ingesamel. Sowat N$185 miljoen van dié inkomste het uit “beleggingsinkomste” gekom.

Gedurende die verslagtydperk het die party sowat N$10,5 miljoen aan regskoste bestee, wat die tydperk dek toe die party deur verskeie ontevrede lede hof toe gesleep is, insluitend diegene wat die uitslag van die verkiesingskongres in 2017 betwis het.

“Die gaping tussen inkomste vergeleke met die totale bedryfskoste het oor die afgelope vyf jaar vergroot, wat die onvoorspelbaarheid van die inkomste en bedryfskoste in die organisasie weerspieël. Die betrokke tydperk toon die party se finansiële prestasie is hoofsaaklik beïnvloed deur die afname in politieke finansiering en bydraes tot die bou van die hoofkantoorgebou,” lui die verslag.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-02-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 20° | 33° Eenhana: 21° | 35° Oshakati: 24° | 34° Ruacana: 21° | 36° Tsumeb: 20° | 32° Otjiwarongo: 19° | 32° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 19° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 17° | 21° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 17° | 22° Rehoboth: 20° | 34° Mariental: 25° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 26° | 35° Lüderitz: 16° | 31° Ariamsvlei: 20° | 38° Oranjemund: 14° | 28° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 21° | 36° Lubumbashi: 17° | 23° Mbabane: 20° | 26° Maseru: 17° | 35° Antananarivo: 18° | 26° Lilongwe: 18° | 25° Maputo: 23° | 34° Windhoek: 19° | 31° Cape Town: 18° | 25° Durban: 22° | 26° Johannesburg: 18° | 30° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 18° | 27° Harare: 17° | 28° #REF! #REF!