Boere word aangemoedig om aan môre se verkiesing deel te neem. Foto argief
Boere word aangemoedig om aan môre se verkiesing deel te neem. Foto argief

NFFU moedig boere aan om te stem

Ellanie Smit
Die Namibië Nasionale Boere-unie (NNFU) het boere en plaaswerkers aangemoedig om môre aan die nasionale verkiesing deel te neem.

Die voorsitter van die NNFU-raad, Vetuundja Kazapua, het gesê dat landbou die sleutelsektor van die ekonomie en nasionale lewensbestaan is.

Hy het gesê dat dit by implikasie beteken dat dit dien as ’n beginsel vir die opheffing van mense of boere se lewenstandaarde gebaseer op ’n aantal sleutel- fundamentele kwessies, soos vrede, sosiopolitieke en ekonomiese stabiliteit, voedselproduksie vir voedselsekerheid, onderwys en vaardigheidsontwikkeling, leierskap en bestuur, en wetlike raamwerke soos wette, wetsontwerpe, beleide en riglyne.

“Die primêre rol van boereverenigings en unies is om ’n bevorderlike boerdery- of produksie-omgewing vir boere te bepleit, voor te staan en te verseker.”

Hy het gesê in die proses is ondersteunende beleide en ’n gerusstellende wetlike raamwerk die grondslag vir ’n welvarende boerdery-omgewing.

Kazapua het gesê dat nasionale bestuurstrukture, verteenwoordig deur verkose lede en parlementariërs wat ons verkies, die bewaarder van die beleidmakingsproses is.

“Daarom moet boere se deelname aan die verkiesingsproses en in die keuse van bevoegde leiers ongetwyfeld ’n belangrike daad wees.”

Boonop het hy gesê boere moet aan die verkiesingsproses deelneem “om te verseker dat hul belange in die regte hande geplaas word”.

“Dit is deur die verkose regering en regeringstruktuur dat handelsooreenkomste, beleide en wette bespreek en geïmplementeer sal word.”

Volgens Kazapua blyk dit dat verskeie politieke partye beloftes gemaak het in die aanloop tot die verkiesing wat belangrike kwessies takel wat met landbou verband hou.

“Daar was ook heelwat besprekings oor die belangrikheid van volhoubare omgewingsbewaring, bestuur, groen waterstof en koolstofkrediete,” het hy gesê.

Kazapua het gesê die voortdurende gestoei, klein marges en lae winste in verskeie boerdery-subsektore, soos gewasse, suiwel, pluimvee, beesvleis en brandstof/energie, het vererger en aansienlik gewissel.

Hy sê dat sommige plase op die randjie van ’n finansiële ramp is.

“Toegang tot grond, grondbelasting, gewas- en veeproduksie-uitgawes, die huur van grond en insetkoste het oor die jare aansienlik toegeneem. Moenie vergeet van die ernstige impak van klimaatsverandering op landbouproduksie, droogte en rampe nie.”

Kazapua het gesê dat boere se leiers en operateurs ook fokus op die belangrikheid van sterk, responsiewe en buigsame handelsooreenkomste en toegang tot vaste

winsgewende markte vir ons uitvoerprodukte, sowel as minder handelsgeskille binne die waardekettingkomponente.

#NamibiaDecides2024

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 22° | 30° Ruacana: 21° | 29° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 18° | 26° Omaruru: 22° | 33° Windhoek: 21° | 29° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 23° Rehoboth: 22° | 31° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 22° | 36° Aranos: 21° | 35° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 24° | 37° Oranjemund: 17° | 24° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 21° | 31° Lubumbashi: 17° | 29° Mbabane: 15° | 32° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 34° Windhoek: 21° | 29° Cape Town: 20° | 22° Durban: 20° | 30° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 18° | 29° #REF! #REF!