Job Amupanda sê LGBTQ+-besprekings is ’n mors van waardevolle tyd. FOTO ARGIEF
Job Amupanda sê LGBTQ+-besprekings is ’n mors van waardevolle tyd. FOTO ARGIEF

'Ons word besig gehou met nonsens'

Tuyeimo Haidula
Die leier van die Affirmative Repositioning Movement (AR), Job Amupanda, sê die LGBTQ+-bespreking is nie ’n wesenlike kwessie waaroor hy kop behoort te verloor nie.

Hy het dit as ’n “baie flou gesprek” beskryf en gesê dit is nie eens vir hom nodig om standpunt daaroor in te neem nie.

“Almal word geterroriseer. As jy ’n opinie oor iets het, sê hulle jy is homofobies. Jy het die reg om van iets te hou of nie.”

Die AR-aktivis het gereageer op vrae op InConversationWithJobAmupanda wat deur Mwahafar Ndilula op die X-platform uitgesaai word.

Ndilula het Amupanda gevra vir sy standpunt oor LGBTQ+ as ’n aspirant-president en of Namibiërs vir hom in die nasionale en presidentsverkiesings in November moet stem.

Amupanda sê hy is meer bekommerd oor die hoë werkloosheidsyfer en nie “mense se seksualiteit” nie.

Volgens hom is hy bekommerd oor die ekonomie van die land en kan hy nie “flou gesprekke” voer wat nie vir hom nodig is nie.

Amupanda sê die LGBTQ+-gemeenskap trek voordeel uit besprekings oor onderwys en gesondheid en alle nasionale onderwerpe het dit gedek omdat niemand van die groep in Namibië daaroor geteister word nie.

“Ek beskou dit nie as veel van ’n kwessie nie, want korrupsie raak almal. Is dit die basis van die stemming of ek gay ondersteun of nie?

“Laat ek daardie stem verloor. Niemand word in Namibië weens hul seksualiteit vermoor nie. Dit is nie ’n nasionale gesprek nie,” het Amupanda gesê.

Volgens hom is daar ’n reg vir die samelewing en ’n reg vir individue en dit geld ook vir die regte van homoseksuele mense.

’n Sigbaar geïrriteerde Amupanda het gesê daar is ’n nuwe neiging waar mense bevestiging soek en daar is ’n aanname dat daar ’n universaliteit is wat die hooggeregshof se uitspraak oor selfdegeslaghuwelike in Namibië betref.

Volgens hom is daar mense wat hul seksualiteit ken en hulle is waarskynlik tevrede daarmee. Hulle hou hul seksualiteit vir hulself en stal dit nie uit nie, volgens Amupanda.

“Kom ek na jou huis en sê ‘sien jy dat ek straight is?’ Hoekom het ons meer mans as vroue in die weermag? Of ons daarvan hou of nie, ons moet die natuur respekteer.

“Gaan ons begin vra hoeveel gays is in die tronk en hoeveel is korrup? Miskien mense wat niks het om te doen nie,” het hy gesê.

Amupanda het bygevoeg hy gaan nie rond en sê gay mense moet verbrand word nie en dit is genoeg.

“Deur hierdie minute te gebruik om daarop te reageer, is ’n mors van tyd. Ek behoort te reageer oor diamant- en mynboutransaksies sowel as landbou," het Amupanda gesê.

Ndilula gebruik sy platform om met leiers in gesprek te tree en inwoners die geleentheid te gee om deel te neem.

Tot op hede was hy gasheer vir die onafhanklike presidentskandidaat Ally Angula, die nasionale woordvoerder van die Landless People’s Movement (LPM), Lifalaza Simataa, asook die Independent Patriot for Change (IPC) se woordvoerder, Imms Nashinge.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Fidelity ADT Lions 14 vs 16 Hollywoodbets Sharks XV Rugby Championship: Argentina 29 vs 28 Springboks | Australia 28 vs 31 New Zealand Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest | Crystal Palace 0 vs 0 Manchester United | Tottenham Hotspur 3 vs 1 Brentford | Southampton 1 vs 1 Ipswich Town | Liverpool 3 vs 0 Bournemouth | Leicester City 1 vs 1 Everton | Fulham 3 vs 1 Newcastle | Aston Villa 3 vs 1 Wolves | West Ham 0 vs 3 Chelsea LaLiga: Real Betis 1 vs 2 Mallorca | Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés | Real Madrid 4 vs 1 Espanyol | Valencia 2 vs 0 Girona | Osasuna 2 vs 1 Las Palmas | Real Valladolid 0 vs 0 Real Sociedad SerieA: Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio | Lecce 2 vs 2 Parma | Juventus 0 vs 0 Napoli | Venezia 2 vs 0 Genoa European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford #REF! Currency: GBP to NAD 23.12 | EUR to NAD 19.29 | CNY to NAD 2.46 | USD to NAD 17.3 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.83 | USD to AOA 933.05 | USD to BWP 13.15 | USD to EGP 48.66 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1596.98 | USD to ZAR 17.32 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1845.32 Up +0.73% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14269.55 Up +0.16% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30871.1 Down -0.49% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 649.98/OZ UP +0.90% | Copper US$ 4.46/lb UP +3.21% | Zinc US$ 3 017.00/T UP 4.33% | Brent Crude Oil US$ 75.00/BBP UP +0.83% | Platinum US$ 981.63/OZ UP +2.46% #REF!