Namibië gaan binne enkele weke na die stembus. FOTO ARGIEF
Namibië gaan binne enkele weke na die stembus. FOTO ARGIEF

Oop tenderproses gekanselleer

Sluitingsdatum was Woensdag
Die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) wil nie die risiko loop dat die stembriewe te laat afgelewer word nie.
Jemima Beukes
Die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) het die oop internasionale tenderproses vir stembriewe vir die November-verkiesings ná baie ontevredenheid aan die kant van politieke partye gekanselleer.

In ‘n verklaring wat gister uitgereik is, sê die ECN hy het besef die stembriewe kan laat afgelewer word indien dit deur ‘n internasionale verkrygingsproses moet gaan.

Die sluitingsdatum vir die internasionale tenderproses om die stembriewe te druk vir die 1 449

569 geregistreerde kiesers vir die 2024 Presidensiële en Nasionale Vergadering-verkiesings was Woensdag (9 Oktober).

Die besluit om die tenderproses te kanselleer het gevolg ná ‘n hewige debat met politieke partye verlede week wat die kommissie daarvan beskuldig het dat dit beplan om ‘n drukker self met die hand uit te soek.

“Ons beskou dit as in die beste belang van verkiesingsdemokrasie en openbare belang om die risiko van die laat aflewering van die stembriewe te vermy. Die kommissie het deur sy interne verkrygingstrukture alternatiewe verkrygingsmetodes in ooreenstemming met die relevante bepalings van die openbare verkrygingswet oorweeg,” het die ECN beklemtoon.

Die ECN het homself ook daartoe verbind om politieke partye by elke stap van die verkrygingsproses te betrek en sal ook die koste vir hierdie deelname dra.

Lifalaza Simataa, LPM se woordvoerder, het gesê die party is ietwat huiwerig vir ‘n direkte verkrygingsproses.

“Ons vertrou nie dat ECN sou deursigtig is as wat dit behoort te wees nie. Hulle was bewus van die datums, so hierdie is net nalatigheid. Nou is dit nie meer oop en deursigtig nie. Ons is veronderstel om betrokke te wees ongeag of die persoon wat hulle kies problematies is,” het hy gesê.

Christine Aochumus, sekretaris-generaal van die Independent Patriots for Change (IPC) sê toe hulle die ECN ontmoet het, het sy aan hulle gesê die verkrygingswet gee nie aan hulle magte vir direkte verkryging nie. Wanneer ons hulle gevra het, het hulle gesê hulle sal die wet volg. Ons is nie gelukkig of gemaklik met die ECN nie. Ons ondersteun nie direkte verkryging nie. As die ECN reeds bewys het hulle neem die besluite, wat is daar om hulle te stop om na ons terug te kom en te sê dit is die besluit wat hulle reeds geneem het. Hoekom moeite doen met ‘n verhouding wat net ‘n eenrigtingstraat is,” het sy gesê. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!