Opname steun ouderdomsperk vir staatshoofde
Ellanie Smit – Die meerderheid Afrikane ondersteun ’n minimum (74%) en maksimum (76%) ouderdomsbeperking vir regeringshoofde.
Dit is volgens ’n Afrobarometer-opname waarin mense oor die jare uitdagings in Afrikalande se ontwikkeling op die gevorderde ouderdomme van hul leiers blameer. Daar is wel geen bewyse om die verhouding tussen leiers se bekwaamheid en hul ouderdomme te staaf nie.
Die 2019-’21 Afrobarometer het Afrikane gevra of hulle dink hul regerings moet minimum en maksimum ouderdomsbeperkings vir regeringshoofde instel, en indien wel, wat hierdie perke moet wees.
Die gemiddelde ouderdom van Afrikane is 19,5, maar talle van sy leiers tel onder die wêreld se oudstes.
Sowat 68% van Namibiërs het die maksimum ouderdomsbeperking vir regeringshoofde ondersteun en 77% ondersteun die minimum ouderdomsperke.
Hulle sê gemiddeld dat die maksimum ouderdom vir regeringshoofde in Namibië 64 moet wees en die minimum 40.
Namibië se huidige aftree-ouderdom is 60, terwyl president Hage Geingob 81 jaar oud is. Hy was wel ten tyde van die opname 78.
34 AFRIKALANDE
Volgens Afrobarometer is bevind dat regeringshoofde die gemiddelde burgers se maksimum ouderdomsperke in 15 van die 34 betrokke lande oorskry het en die lande se amptelike aftree-ouderdom is in 23 lande oorskry.
“In 27 lande is burgers wel geneig om ouderdomsbeperkings voor te stel vir staatshoofde wat hoër as die amptelike aftree-ouderdom is, wat daarop dui dat hulle nie gekant is teen leiers wat ouer is as die aftree-ouderdom nie.”
Die opname het ook daarop gewys dat uit die 34 lande wat Afrobarometer in 2019-ְ’21 ondersoek het, 28 grondwetlike bepalings het ten opsigte van ’n minimum ouderdom vir presidente of eerste minister, maar slegs twee het ’n maksimum ouderdomsbeperking in plek. Twee leiers in twee ander lande het daarin geslaag om met die ondersteuning van die wetgewers, die ouderdomsbeperking af te skaf wat hulle in staat stel om vir langer termyne te staan.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie