Opposisiepartye verwerp verkiesingsuitslae eenparig
Die leiers van verskeie opposisiepartye het gister hul steun uitgespreek vir die Landless People’s Movement (LPM) en die Independent Patriots for Change (IPC) se hofuitdagings teen die uitslag van verlede jaar se presidensiële en Nasionale Vergadering (NV)-verkiesings.
Die uitdaging van die NV-verkiesing begin vandag in die Verkiesingshof voor regters Hannelie Prinsloo, Orben Sibeya en Esi Schimming-Chase.
Die president van die Republican Party, Henk Mudge, sê die hofsaak is van uiterste belang, en dit moet eindig met ’n beslissing ten gunste van die applikante; “anders verloor ons alles”.
“Ons moet wen en ons moet ’n herverkiesing kry, want die mense daar buite weet wat gebeur het,” sê hy.
Volgens Mudge was die verkiesingsknoeiery so blatant dat die opposisiepartye reeds kort ná die eerste dag van die stemproses ingestem het om die kwessie na die howe te neem.
Die IPC het die res voorgespring en die LPM het ook hul aansoek van stapel gestuur, voordat die res besluit het om die voorlopers te ondersteun eerder as om hul eie sake te bring, brei hy uit.
Ten spyte daarvan dat sy party as ’n respondent saam met die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN), die regerende Swapo-party en president Nangolo Mbumba gelys is, hou Mudge vol dat hierdie standaard-hofprosedure nie sy party se verwerping van November se verkiesing beïnvloed nie.
Mudge sê verder dat stemme vir sy party op onverklaarbare wyse verdwyn het en die stemproses gemanipuleer is om kiesers af te skrik.
“Die ECN is kop in een mus met Swapo en Zanu-PF is ook bestrokke. As ons ’n nuwe verkiesing hou, sal ons ’n nuwe ECN ook nodig hê,” sê hy.
By die geleentheid het die Popular Democratic Movement (PDM) se sekretaris-generaal, Immanuel Ngaringombe, gesê dat die PDM beide die IPC en LPM se hofuitdagings ondersteun. Hy verwag dat die twee aansoeke uiteindelik as een afgehandel sal word.
Volgens die All People’s Party (APP) se Marius Goraseb sal die party nie ledig sit en ’n regering aanvaar wat onwettig aan bewind kom nie.
Die president van die Rally for Democracy and Progress (RDP), Mike Kavekotora, sê die gesamentlike besluit is reeds deur opposisiepartye geneem toe hulle besef het dat die verkiesings gemanipuleer is.
“Hierdie verkiesing was nie vry, regverdig of geloofwaardig nie, maar ’n toekenning van stemme deur die ECN in die Zanu-PF-styl,” sê hy.
Hy sê Zimbabwe se regerende party (Zanu-PF) het Swapo en die ECN kom leer hoe om verkiesings op ’n meer gesofistikeerde manier te manipuleer. November was ’n voorbeeld van sistematiese verkiesingsbedrog, het Kavekotora gesê.
Michael Amushelelo het namens die Namibian Economic Freedom Fighters (NEFF) gesê dit is elke Namibiër se plig om op te staan en die land se demokrasie te verdedig op enige manier wat nodig is. Hy sê as die howe nie teen die ECN en Swapo beslis nie, sal ander aksies oorweeg word. “Sommige van ons is gereed om ons
Grondwet te beskerm,” voer hy aan.
Joseph Sitarara van die nuwe United Namibians Party het daarop aangedring dat die uitslag van November se verkiesing nietig verklaar moet word. Dit weens onwettighede en ongerymdhede wat lede van sy party tydens die verkiesings opgemerk het.
“Die Namibiese mense het vertroue in die ECN verloor, en ons enigste hoop nou is die regstelsel,” sê hy.
Die Action Democratic Movement (ADM) se Vaino Matende het ook hul steun vir die hofuitdaging bevestig.
Mathew Stefanus van die National Empowerment Fighting Corruption (NEFC), sê die party se bewyse dat oorspronklike kieserskaarte kort voor die verkiesing by die ECN se hoofkantoor onreëlmatig gedruk is, bly verseël en sal voor die hof gebring word.
“Die beste is dat ECN se uitvoerende hoof en voorsitter net bedank,” sê hy.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie