Parlementariër vra gratis Wi-Fi landswyd
Swapolid soek wetlike oplossing
Bring mosie om raamwerk vas te stel
’n Lid van Swapo in die Nasionale Vergadering (NV), mnr. Modestus Amutse, het Woensdag ’n mosie in die parlement voorgelê waarin hy ’n beroep doen om gratis Wi-Fi-netwerkdekking by openbare en privaat instansies landswyd.
“Die digitale kloof wat vandag in talle lande in die wêreld ervaar word, kan in Namibië oorkom word deur 'n ondersteunende regulerende raamwerk, wat alle burgers, ongeag hul ekonomiese agtergrond, in staat sal stel om bruikbare inligting te bekom. Dit deur gratis Wi-Fi by alle publiek en privaat geriewe landswyd in te stel,” sê hy.
Amutse sê ’n e-parlementstelsel is onlangs ontwikkel om tred te hou met globale tendens, maar ook om ’n relevante demokrasie te bevorder. Hierdeur kan alle landsburgers debatte volg en inligting bekom.
“Nogtans is die werklikheid van ons kiesers kom uit ekonomies benadeelde gemeenskappe wat uitgesluit word aangesien hulle nie data kan bekostig om ons debatte te volg nie,” sê hy.
Amutse verwys na statistiek wat dui dat sowat 1,28 miljoen mense in Namibië tussen 2019 en 2020 van die internet gebruik gemaak het, en dat die getal deurentyd groei soos netwerkdekking oor die land verbeter.
Hy sê die gemiddelde koste vir datagebruik is op die oomblik sowat 90 sent per 1MB, of omtrent N$61 vir 3GB op spesiale aanbiedinge.
Sekere telekommunikasiemaatskappye bied data verniet aan tussen middernag en ses uur die oggend, sê hy, waarskynlik omdat verbruikers dan beperk is aangesien die meeste mense slaap.
“Ek glo dat hierdie idee telekommunikasieverskaffers sal motiveer om netwerkdekking, spoed en breëbandvermoëns te verbeter,” sê hy.
Amutse sê die vinnige evolusie en ingewikkeldheid van digitale tegnologieë, wat in die rigting van e-onderrig, e-handel en e-ministeriële dienste beweeg, “vereis dat ons as beleidmakers die land voorberei en verseker sy inwoners word nie agtergelaat nie.
Dit is ons plig om te verseker dat ons 'n raamwerk aanbeveel wat uiteindelik almal, veral ons jeug, in staat stel om toegang tot noodsaaklik inligting te kan bekom,” sê hy.
Hy sê die Grondwet eis ’n resolusie wat die openbare en private sektor sal aanmoedig om gratis toegang tot inligting te ondersteun.
Hy sê die Verenigde Nasies se menseregteverklaring en die internasionale konvensie op openbare en politieke regte brei uit dat vryheid tot uitdrukking ook die reg om inligting insluit.
“Sodra daar op ’n gratis WiFi-raamwerk ooreengekom, en toegepas word, sal mense wat kwesbaar is gelyke regte om toegang tot inligting hê, om hul vermoëns in hul verskillende lewenssfere op te bou.
“Die jaar 2030 waarop ons visie vir breë nywerheidsontwikkeling en ekonomiese transformasie gegrond is, kom nader. Om in ’n raamwerk vir gratis Wi-Fi te belê, is ’n stap in die regte rigting, veral vir ons jeug. Dit sal ook geweldig bydra om die gaping tussen ryk en arm te verklein wanneer dit by toegang tot inligting kom,” dring hy aan.
Na ’n baie kort debat is die mosie na die betrokke parlementêre staande komitee verwys.
ANDER MOSIES Ander mosies wat dié week in die NV voorgelê is, sluit in mnr. Nico Smit van die PDM se mosie vir meer beraadslaging met die opstel van die begroting. Hy het ook ’n mosie ingedien vir beter voorbereiding en langer geleenthede vir debatte om meer wetsontwerpe per jaar goed te keur.
Die PDM se mnr. Geoffrey Mwilima vra dat die minister van die omgewing, bosbou en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, antwoorde moet verskaf oor die geldsake van die Kyaramacan-vereniging, wat 5 000 San in die Bwabwata Nasionale Park moet bevorder. Hy het op ouditverslae aangedring.
Sy medepartylid Kazeondgere Tjeundo wou by die arbeidsminister Uutoni Nujoma weet oor rassisme by die Erindi Privaat Wildreservaat, terwyl mnr. Johannes Martin by die sportminister, me. Agnes Tjongereo, wou weet oor haar adjunk se besoek aan Kameroen. Martin het ook ’n mosie gebring om die stand van sport te debatteer.
Parlementslid Inna Hengari het minister John Mutorwa gevra hoekom die Paaieowerheid nie die ingenieure wat beurse ontvang het in diens neem nie.
Me. Winnie Moonge wou weet oor TB-werkers wat nie meer befonds word nie en die PDM se me. Elma Dienda wou by die minister van finansies weet oor skuld aan China. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie