Parlementsgebou is veilig, sê NV se woordvoerder
Die parlement van Namibië se sittings vir die jaar 2022 hervat môre in die hoofstad, met die Nasionale Vergadering (NV) wat dan tot 28 April drie dae per week sal vergader.
Nadat ’n brand vroeg vanjaar die buurland Suid-Afrika se parlementsgebou in Kaapstad erg beskadig het, is Namibiërs die versekering gegee dat die hoogste politieke gesag se tuiste veilig is.
Die hoofwoordvoerder van die NV, mnr. David Nahongandja, sê: “Sover ons weet, is die parlementsgebou veilig, maar meer hulpbronne word benodig om die hele perseel insluitend die tuin en kantore te beveilig, asook die ander instansies wat op die perseel gehuisves word.”
Laat verlede jaar is werk gedoen om die heining om die Tintenpalast – wat in 1913 gebou is – uit te brei en veiliger te maak.
Dit was bedoel om toegangsbeheer op te skerp rakende die perseel waar die kantore van die eerste minister, buitelandse sake, die ministerie van inligting en kommunikasietegnologie en die SADC- parlementêre forum gebaseer is, sê hy.
Die nuwe heining met sy doringdraad help ook om vandalisme te bekamp en die tuinplante te beskerm, sê Nahongandja.
Ten spyte dat dit reeds bykans 110 jaar in gebruik is, is die Tintenpalast steeds in ’n goeie toestand, sê hy.
“Die plek is goed versorg en onderhou en daar is geen kwesbaarheid waaroor die publiek bekommerd hoef te wees nie,” sê hy.
Nahongandja verseker ook dat die brandwaarskuwingstelsel en alle brandbestrydingstoerusting in goeie toestand is.
“Die mees onlangse inspeksie van die toerusting en die stelsel is in Desember 2021 gedoen,” sê hy. Verder het Nahongandja bevestig dat sekuriteitsbeamptes 24 uur per dag die perseel beman en ook voortdurend op geslotekringtelevisie dophou. Een voorval laas jaar wat aandag getrek het, was toe die parlementslid en toe president van die All People’s Party (APP), mnr. Ignatius Shixwameni, op die perseel dood is.
Aantygings van nalatigheid of dat mediese hulp belemmer is om betyds op te daag, het egter nie veranderinge gebring nie.
Nahongandja sê die parlement het geen sekuriteitspraktyke in plek wat enige parlementslid sal verhoed sal om tydige mediese aandag te ontvang nie.
“Ons maak bloot op plaaslike noodhulp- en ambulansdienste staat om aandag te gee aan enige gesondheidsverwante noodgeval,” sê hy. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie