Die Verkiesingskommissie van Namibië het Maandag twee politieke partye gederegistreer. Foto argief
Die Verkiesingskommissie van Namibië het Maandag twee politieke partye gederegistreer. Foto argief

Partye daag deregistrasie ‘voor sperdatum’ uit

‘Besluit strook nie met ECN-korrespondensie’
In 'n onverwagte wending het die Verkiesingskommissie van Namibië twee politieke partye meegedeel dat hulle gederegistreer is en dat hul wetgewers die parlement moet ontruim.
Jemima Beukes
Die Namibia Economic Freedom Fighters (NEFF) daag die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) se besluit uit om dié party te deregistreer.

Dit nadat die ECN die party in ’n brief gedateer 24 April ingelig het dat hy tot 30 Junie het om sy geouditeerde finansiële state in te dien en te publiseer.

Nuus oor die deregistrasie van die NEFF, tesame met die Christian Democratic Voice (CDV), het Maandagaand gebreek – ses dae voor dié sperdatum.

Daarin het Peter Shaama, die hoofkiesbeampte van die ECN geskryf: “Hierdie kommunikasie is ’n herinnering aan jou party dat daar volgens Artikel 158 van die Kieswet 5 van 2014, soos gewysig, van die party verwag word om nie later nie as 30 Junie ’n geouditeerde finansiële staat en sy koerantpublikasies vir die staatsbefondsde rekening in te dien.”

Shaama het die party aangemoedig om by die sperdatum te hou en bygevoeg dat geen uitstel toegestaan sal word nie. Maar in ’n onverwagte wending is die NEFF en CDV meegedeel dat hulle gederegistreer is en dat hul wetgewers die parlement moet ontruim.

Dit beteken die NEFF-leier, Epafras Mukwiilongo, en sy adjunk, Kalimbo Iipumbu, moet die parlement verlaat, asook die CDV se Gotthard Kandume.

‘ONREëLMATIG’

NEFF het die prokureur Kadhila Amoomo se dienste ingeroep om te argumenteer dat die party se deregistrasie onreëlmatig is.

Die ECN het die party daarvan beskuldig dat hy versuim het om sy geouditeerde finansiële state vir die tydperk van 2022-’23 in te dien, asook om 2020-’21 en 2021-’22 se verkorte weergawes van geouditeerde finansiële state in twee dagblaaie te publiseer wat oraloor Namibië gesirkuleer word, soos die die wet vereis.

Amoomo het geskryf: “[Die ECN] het geen magte om ’n politieke party te deregistreer in die geval van sy versuim om sy geouditeerde rekeninge by die kommissie in te dien nie, totdat en tensy hy die bevoegdhede beoog in artikel 140(6) uitoefen, wat voorsiening maak vir die kommissie om die betrokke rekeninge te laat oudit en vereis dat die politieke party die geouditeerde rekeninge by die kommissie indien en dit publiseer in twee dagblaaie wat oraloor Namibië gesirkuleer word, vir die betrokke politieke party se onkoste.

“Dit is ons opdrag dat die [ECN] nie ons kliënt ’n geleentheid gegee het om ingevolge Artikel 152(f) aangehoor te word nie. Die besluit moet dus tersyde gestel word op grond hiervan.”

Hy het bygevoeg: “Die besluit strook ook nie met die korrespondensie wat deur die kommissie aan [NEFF] gerig is nie, waarin [NEFF] ’n sperdatum van 30 Junie toegestaan is.”

Die prokureur het gesê die ECN tree op asof ’n derde party hom opdrag gegee het om hierdie drastiese stappe te neem.

“Hierdie teenstrydighede in u optrede skep ’n vrees in die gedagtes van ons kliënt dat u moontlik onder die invloed van eksterne partye optree, aangesien ons hierdie jaar op ’n verkiesing afstuur. Ons moedig u aan, mnr, Shaama, om ’n oop gemoed te handhaaf en alle sin vir redelikheid en regverdigheid teenoor alle politieke partye in Namibië te behou.”

‘SUIWER LEUENS’

Gothard Kandume van die CDV het Dinsdag na die ECN gekap en gesê dit is “suiwer leuens”.

“Ons het ’n sperdatum van 30 Junie wat nog nie hier is nie en wat ons met die ECN ooreengekom het. Hoe kan hulle so ’n besluit neem?” wou hy weet.

Die ECN se woordvoerder, De Wet Siluka, het Dinsdag gesê die kommissie sal op vrae oor die partye se deregistrasie reageer, maar het egter nog nie teen druktyd nie.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-06-30

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Rugby World Cup U20: Wales U20 34 vs 41 New Zealand U20 | South Africa U20 57 vs 7 Fiji U20 | Australia U20 35 vs 11 Georgia U20 | Ireland U20 55 vs 15 Italy U20 | England U20 40 vs 21 Argentina U20 | France U20 49 vs 12 Spain U20 F1: Austria GP First:George Russell Mercedes 01:24:23 Second:Oscar Piastri McLaren + 00:00:01.906 Third:Carlos Sainz Ferrari + 00:00:04.533 Katima Mulilo: 11° | 30° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 11° | 29° Ruacana: 13° | 29° Tsumeb: 13° | 27° Otjiwarongo: 9° | 25° Omaruru: 11° | 25° Windhoek: 8° | 21° Gobabis: 10° | 25° Henties Bay: 12° | 18° Wind speed: 17km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:34, High tide: 10:50, Low Tide: 16:40, High tide: 23:14 Swakopmund: 14° | 16° Wind speed: 19km/h, Wind direction: SW, Low tide: 04:32, High tide: 10:48, Low Tide: 16:38, High tide: 23:12 Walvis Bay: 12° | 20° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 04:32, High tide: 10:47, Low Tide: 16:38, High tide: 23:11 Rehoboth: 10° | 23° Mariental: 12° | 25° Keetmanshoop: 11° | 22° Aranos: 12° | 26° Lüderitz: 11° | 20° Ariamsvlei: 11° | 23° Oranjemund: 11° | 18° Luanda: 20° | 23° Gaborone: 11° | 23° Lubumbashi: 11° | 29° Mbabane: 11° | 22° Maseru: 6° | 19° Antananarivo: 7° | 24° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 16° | 26° Windhoek: 8° | 21° Cape Town: 13° | 19° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 10° | 18° Dar es Salaam: 22° | 31° Lusaka: 14° | 27° Harare: 11° | 23° Currency: GBP to NAD 22.95 | EUR to NAD 19.48 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.19 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.75 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.24 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 853.63 | USD to BWP 13.67 | USD to EGP 47.98 | USD to KES 128.73 | USD to NGN 1512.73 | USD to ZAR 18.24 | USD to ZMW 24 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1797.69 Up +1.88% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13318.19 Down -0.28% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27766.27 Up +0.97% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 326.72/OZ DOWN -0.0004 | Copper US$ 4.37/lb UP +0.67% | Zinc US$ 2 954.50/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 85.64/BBP DOWN -0.0064 | Platinum US$ 992.82/OZ UP +0.20% Sport results: Rugby World Cup U20: Wales U20 34 vs 41 New Zealand U20 | South Africa U20 57 vs 7 Fiji U20 | Australia U20 35 vs 11 Georgia U20 | Ireland U20 55 vs 15 Italy U20 | England U20 40 vs 21 Argentina U20 | France U20 49 vs 12 Spain U20 F1: Austria GP First:George Russell Mercedes 01:24:23 Second:Oscar Piastri McLaren + 00:00:01.906 Third:Carlos Sainz Ferrari + 00:00:04.533 Weather: Katima Mulilo: 11° | 30° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 11° | 29° Ruacana: 13° | 29° Tsumeb: 13° | 27° Otjiwarongo: 9° | 25° Omaruru: 11° | 25° Windhoek: 8° | 21° Gobabis: 10° | 25° Henties Bay: 12° | 18° Wind speed: 17km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:34, High tide: 10:50, Low Tide: 16:40, High tide: 23:14 Swakopmund: 14° | 16° Wind speed: 19km/h, Wind direction: SW, Low tide: 04:32, High tide: 10:48, Low Tide: 16:38, High tide: 23:12 Walvis Bay: 12° | 20° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 04:32, High tide: 10:47, Low Tide: 16:38, High tide: 23:11 Rehoboth: 10° | 23° Mariental: 12° | 25° Keetmanshoop: 11° | 22° Aranos: 12° | 26° Lüderitz: 11° | 20° Ariamsvlei: 11° | 23° Oranjemund: 11° | 18° Luanda: 20° | 23° Gaborone: 11° | 23° Lubumbashi: 11° | 29° Mbabane: 11° | 22° Maseru: 6° | 19° Antananarivo: 7° | 24° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 16° | 26° Windhoek: 8° | 21° Cape Town: 13° | 19° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 10° | 18° Dar es Salaam: 22° | 31° Lusaka: 14° | 27° Harare: 11° | 23° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.95 | EUR to NAD 19.48 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.19 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.75 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.24 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 853.63 | USD to BWP 13.67 | USD to EGP 47.98 | USD to KES 128.73 | USD to NGN 1512.73 | USD to ZAR 18.24 | USD to ZMW 24 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1797.69 Up +1.88% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13318.19 Down -0.28% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27766.27 Up +0.97% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 326.72/OZ DOWN -0.0004 | Copper US$ 4.37/lb UP +0.67% | Zinc US$ 2 954.50/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 85.64/BBP DOWN -0.0064 | Platinum US$ 992.82/OZ UP +0.20%