Foto argief
Foto argief

PAS IN: Dringende aansoek teen ECN uitgegooi

Kristien Kruger
Die dringende aansoek wat die Christian Democratic Voice (CDV) teen die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) in die hoërhof in Windhoek aanhangig gemaak het, is vandag van die rol geskrap.

Viola Geirises het die aansoek gebring en beweer die ECN het versuim om die party se kennisgewing van verandering in sy gemagtigde verteenwoordiger te aanvaar, asook die daaropvolgende inhandiging van sy kandidaatslys. Die ECN het na bewering nie hierdie kandidaatslys aanvaar nie, omrede Gotthard Kandume reeds ’n lys ingedien het as die party se gemagtigde verteenwoordiger.

Kandume beweer hy is die president van die CDV en voer aan Geirises het in Julie 2024 van die party bedank nadat die ECN die party gederegistreer het. In reaksie hierop het Geirises aangevoer dat sy destyds net as die party se sekretaris-generaal bedank het en nie as lid van die party nie.

Regter Kobus Miller het gister egter beslis die aansoek handel oor partylyste met betrekking tot die komende verkiesing en meen “dit is duidelik ’n verkiesingskwessie”.

“Jurisdiksie in hierdie saak rus by die verkiesingshof en nie die hoërhof nie,” het Miller in sy bevel gesê en die saak van die rol geskrap.

#namibiadecides2024

Kommentaar

Republikein 2024-12-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 22° | 30° Ruacana: 21° | 29° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 18° | 26° Omaruru: 22° | 33° Windhoek: 21° | 29° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 23° Rehoboth: 22° | 31° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 22° | 36° Aranos: 21° | 35° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 24° | 37° Oranjemund: 17° | 24° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 21° | 31° Lubumbashi: 17° | 29° Mbabane: 15° | 32° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 34° Windhoek: 21° | 29° Cape Town: 20° | 22° Durban: 20° | 30° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 18° | 29° #REF! #REF!