PDM, RP boikot stembriefbesoek

Nóg teenstand oor drukwerk
Politieke partye het die ECN van arrogansie beskuldig en dat dié kommissie die integriteit van die komende verkiesings in gedrang bring.
Mathias Haufiku
Die Popular Democratic Movement (PDM) en die Republican Party (RP) sê hulle het geweier om ’n verteenwoordiger op ’n betaalde reis na Suid-Afrika te stuur om die drukproses van die stembriewe te monitor.

Volgens die partye is dit omdat hulle nie gesien wil word dat hulle die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) se besluit om Ren-Form CC te gebruik, goedkeur nie.

Dit volg nadat 18 partye wat aan aanstaande maand se nasionale verkiesings deelneem tans in Suid-Afrika is om die proses dop te hou en gevolglik te verseker dat die druk van die 1,4 miljoen stembriewe vir die Nasionale Vergadering- en presidensiële verkiesings op ’n deursigtige wyse geskied.

Die partye het verlede week hul frustrasies uitgespreek nadat die kontrak vir die drukwerk toegeken is aan die maatskappy wat met die omstrede Zimbabwiese sakeman verbind word.

Die PDM, RP en die Christian Democratic Voice is die enigste partye wat geweier het om ’n beampte te stuur. Die ECN is verantwoordelik vir die koste van die reis na Suid-Afrika. Volgens die kommissie sal die drukwerk belastingbetalers N$6,2 miljoen kos.

Die RP se president, Henk Mudge, sê: “Ons het ’n fundamentele probleem oor hoe die proses hanteer is en het daarom besluit om nie deel van die besoek aan Suid-Afrika te wees nie.

“As ons sou saamgaan, sou dit die indruk wek dat ons ons seën vir die proses gee,” het hy gister in gesprek met

Election Nexus gesê.

“ECN is sedert alle vorige verkiesings onder verdenking en niks het duidelik verander nie. Ek moet erken dinge lyk nie goed nie,” het hy gesê.

Mudge het ook verwysing na die ECN se vergadering met president Nangolo Mbumba vroeër vanjaar en waarvan Swapo se sekretaris-generaal, Sophia Shaningwa, ook deel was.

“Iets was iewers ernstig verkeerd, maar ek kan jou verseker ons hou ons oë wawyd oop.”

Die PDM se sekretaris-generaal, Manuel Ngaringombe, sê sy party gaan alle weë uitput voordat hulle die hof sal nader om in te gryp.

“Ons het briewe aan die ECN gestuur vir antwoorde. As ons nie ’n gunstige reaksie kry nie, sal ons tot litigasie oorgaan. Intussen sal ons ’n massa-optog vanaf die UN Plaza na die ECN se kantoor hou om ons misnoeë met die proses te kenne te gee,” het hy gesê.

Ngaringombe het dit ook as ’n “ernstige kwessie” beskryf en dat “ons demokrasie getoets word”.

“Die ECN het tot dusver sy bes gedoen om by die verkiesingskalender te hou, maar wat was moeilik daaraan om betyds die stembriewe te druk?”

Hy het die ECN ook daarvan beskuldig dat hy “arrogant is en ons bekommernisse as niks afmaak”.

“Hul antwoorde is arrogant en die ECN neem ons nie ernstig op nie. Ek moet sê die ECN aanvaar ons verkiesings as vanselfsprekend.

#NamibiaDecides2024

Kommentaar

Republikein 2025-01-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 18° | 23° Oshakati: 21° | 24° Ruacana: 21° | 26° Tsumeb: 19° | 24° Otjiwarongo: 15° | 25° Omaruru: 18° | 28° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 17° | 22° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 17° | 21° Rehoboth: 19° | 29° Mariental: 22° | 31° Keetmanshoop: 25° | 36° Aranos: 23° | 33° Lüderitz: 17° | 24° Ariamsvlei: 28° | 39° Oranjemund: 16° | 24° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 22° | 31° Lubumbashi: 17° | 22° Mbabane: 18° | 30° Maseru: 19° | 32° Antananarivo: 15° | 30° Lilongwe: 19° | 26° Maputo: 23° | 35° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 19° | 24° Durban: 22° | 30° Johannesburg: 18° | 30° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 18° | 24° Harare: 17° | 24° #REF! #REF!