PDM, Swanu eerste met manifeste

Swapo skop naweek af met kieskollege
Net twee van die partye wat aan November se nasionale en presidensiële verkiesings deelneem, het tot dusver hul manifeste bekend gestel.
Mathias Haufiku
Met net minder as drie maande oor tot die nasionale verkiesing, skarrel die meeste politieke partye steeds om hul huise in orde te kry wanneer dit kom by die bekendstelling van hul manifeste en die finalisering van hul parlementêre lyste.

Met die vorige verkiesing het alle deelnemende politieke partye hul onderskeie manifeste reeds twee maande voor die kiesdatum bekend gestel.

Tot dusver het slegs die Suidwes-Afrika Nasionale Unie (Swanu) en die Popular Democratic Movement (PDM) uit die 20 geregistreerde politieke partye hul verkiesingshandveste vrygestel. Nie een van die partye het hul konvensies gehou om verteenwoordigers tot die Nasionale Vergadering (NV) te verkies nie.

Wanneer kiesers gereed maak om hul stem uit te bring, sal die manifeste van die partye hulle help om ’n ingeligte besluit te neem oor waar om hul kruisie te trek.

Swanu se president, Evilastus Kaaronda, het tydens die bekendstelling van die partymanifes gesê die party sal sy aandag daarop toespits om die land se gesondheid- en onderwysstelsels en die groei van die landelike ekonomie te verbeter indien die kiesers se keuse op dié party val om die land te lei.







McHenry Venaani, die president van die PDM, het van sy kant beloof om die land se werkloosheid- en behuisingskrisisse te takel.

Op die gebied van landbou het Venaani gesê sy party sal verseker dat 10% van die nasionale begroting aan voedselproduksie toegewys word.

Die Instituut vir Openbare Beleid en Navorsing (IPPR) het in sy 2019-verslag oor verkiesingsmanifeste gewaarsku dat die laat publikasie hiervan – in sommige gevalle minder as drie weke voor die verkiesing, of glad nie – toegang tot inligting vir kiesers beperk, aangesien hulle dan beperkte tyd het om hulself ten volle te vergewis van die beloftes van die deelnemende politieke partye.

Die ACTION-koalisie het op hul beurt dié neiging afgekeur en gesê dat “politieke partye traag was om hul manifeste vry te stel, wat nie genoegsame tyd bied vir kiesers om ingeligte keuses te maak oor die party waarvoor hulle stem nie.”

Die IPPR het gesê Namibiese politieke partye fokus dikwels op verkiesings as ’n gebeurtenis en fokus hul kommunikasie op die veldtogperiode eerder as om hul kommunikasie in lyn met die hele verkiesingsiklus te sien.

“Die kiesers, as deel van sy reg om aan politieke aktiwiteite deel te neem, moet ingelig word oor hoe politieke partye en politieke kandidate die sleutelkwessies takel wat in die samelewing en in die parlement ter sprake kom,” het die IPPR gesê.

“Hulle moet weet dat die party waarvoor hulle gestem het – wen of verloor – toegewyd is om te veg vir die kwessies waarvoor hulle gesê het hulle sal veg.

“Hulle moet ernstig en op ’n deurlopende basis betrokke wees. En hulle het beloftes nodig wat gekoppel word met optrede,” het die instituut beklemtoon.

Wat die kieskollege betref, sal Swapo eerste hiermee uit die blokke wees met sy kieskollege wat na verwagting eerskomende naweek in die hoofstad sal plaasvind.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-10-01

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Rugby Championship: Springboks 48 vs 7 Argentina | New Zealand 33 vs 13 Australia Premier League: Bournemouth 3 vs 1 Southampton | Manchester United 0 vs 3 Tottenham Hotspur | Ipswich Town 2 vs 2 Aston Villa | Wolves 1 vs 2 Liverpool | Nottingham Forest 0 vs 1 Fulham | Everton 2 vs 1 Crystal Palace | Chelsea 4 vs 2 Brighton | Brentford 1 vs 1 West Ham | Arsenal 4 vs 2 Leicester City | Newcastle 1 vs 1 Manchester City LaLiga: Villarreal 3 vs 1 Las Palmas | Atletico Madrid 1 vs 1 Real Madrid | Real Betis 1 vs 0 Espanyol | Athletic Club 1 vs 1 Sevilla | Celta Vigo 1 vs 1 Girona | Osasuna 4 vs 2 Barcelona | Real Sociedad 3 vs 0 Valencia | Rayo Vallecano 1 vs 1 Leganés | Getafe 2 vs 0 Deportivo Alaves SerieA: Parma 2 vs 3 Cagliari | Napoli 2 vs 0 Monza | Empoli 0 vs 0 Fiorentina | AS Roma 2 vs 1 Venezia | Como 3 vs 2 Hellas Verona | Torino 2 vs 3 SS Lazio | Bologna 1 vs 1 Atalanta | Genoa 0 vs 3 Juventus | Udinese 2 vs 3 Inter Milan European Championships Qualifying: Swansea City 1 vs 1 Bristol City | Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers English Championship: Swansea City 1 vs 1 Bristol City | Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers #N/A Currency: GBP to NAD 23.03 | EUR to NAD 19.23 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.39 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.17 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.22 | USD to AOA 951.56 | USD to BWP 13.08 | USD to EGP 48.18 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1600.53 | USD to ZAR 17.39 | USD to ZMW 26.15 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1898.19 Down -1.16% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14372.84 Down -0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31587.04 Up +0.41% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9653.37 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 662.84/OZ UP +1.03% | Copper US$ 4.56/lb UP +0.82% | Zinc US$ 3 148.00/T UP 1.96% | Brent Crude Oil US$ 75.29/BBP UP +3.70% | Platinum US$ 990.27/OZ UP +1.06% #N/A