Politici teiken banke oor behuising
Hoë koste vir huise ’n kwessie
Opposisie- en Swapo-parlementslede stem saam oor Namibië se benarde behuisingsprobleem.
Die leier van die PDM – die amptelike opposisie – mnr. McHenry Venaani, het Dinsdag in die parlement ’n mosie gebring dat alternatiewe finansiering vir behuising bespreek moet word.
“Dis nodig weens die buitensporige hoeveelheid geld wat die bank huiseienaars vra, die bank se leningsprosesse wat diskrimineer teen selfstandige en laer inkomste individue, en die stadige konstruksie van huise wat huispryse die hoogte in laat skiet het, en dit onbekostigbaar vir die laer massamarksegment maak.”
“Die finansiële sektor is te winsgedrewe en hulle straf die burgers wat iewers moet woon. Hulle is té gemaklik. Ek praat nou met die gewete van die banke in Namibië. Die armes sal opstaan,” het hy gewaarsku.
“Die bestaande formele huismark sien nie na die belange van die meerderheid Namibiërs om nie weens hul inkomstevlak. Die hoeveelheid informele nedersettings is ’n duidelike bewys van dié penarie,” sê hy.
Hy sê kommersiële banke moet betrokke raak om toe te sien dat Namibië se finansiële krag ingespan word om die gaping tussen ryk en arm te verklein.
“Ons moet kyk na ’n ander model. Die banke moet na die partytjie kom,” sê hy.
“Die reg tot voldoende behuising is een van die mees blatante geskende regte in ons land. Tot op hede is geen eis voor die howe in die verband gebring nie,” sê hy.
Volgens Venaani is daar 285 informele nedersettings oraloor Namibië, waar 40% van stedelike inwoners, of 216 000 stedelike huishoudings, behoorlike behuising benodig.
Hy sê lewensomstandighede in informele nedersettings is skokkend, betreurenswaardig en ondraaglik. Inwoners is klaar sonder water, sanitasie, verblyfsekerheid en het ’n gedurige vrees vir uitsetting.
Tydens sy motivering het Venaani gesê selfs gedurende apartheid kon huishulpe ’n huis in Katutura bekostig, maar vandag besit hulle slegs sinkhuise.
“Maatskaplike behuising moet ontwerp word. Behuising is ’n probleem. Destyds was daar nie ’n onderwyser in Katutura sonder ’n huis nie. Vandag is dit die norm. Die stedelike armes, die lae-inkomsteverdieners, en dié wat nie vir lenings in ag geneem word nie; as Namibiërs huisloos bly, sal hulle sand in die kos van dié met kos gooi,” het hy gewaarsku.
Volgens hom het 70% van die bevolking nie toegang to huislenings wat kollateraal vereis nie. Of hulle het nie titelakte tot die grond waarop hulle bly nie, soos die geval in die landelike gebiede en in informele nedesettings, of hulle het bloot nie die geld nie, sê hy.
“Die gemiddelde huispryse, selfs vir klein eiendomme, is ver meer as wat Namibiërs kan bekostig,” sê hy.
Die president van die RPD, mnr. Mike Kavekotora, het die mosie ondersteun en die skuld vir die stand van sake op die regerende Swapo-party gepak.
“Dis Swapo se politiek wat nog tot vandag aanhou om ’n doring in die vlees te wees. Julle kan nie eens rekenskap gee vir die geld wat verlore is nie. Hoekom kan mense nie huise bekostig nie? Dis omdat julle vir die verkeerde mense huise gebou het; huise vir jul meisies wat dit kan bekostig,” dring hy aan.
“Die regering moet fokus en hulpbronne aan maatskaplike huise bestee,” sy hy en dat die finansiële stelsel bevraagteken moet word.
“Huispryse styg en voertuigwaardes daal, maar daar word lenings vir voertuie goedgekeur; vir maksimum wins,” sê hy.
Swapo-parlementslid en die minister van arbeid, nywerheidsbetrekkinge en werkskepping, mnr. Utoni Nujoma, stem ook saam dat behuising ’n probleem in Namibië is, en dat omstandighede in nedersettings ’n nasionale ramp is.
Hy sê egter ongelykheid is van apartheid oorgeërf en dat onafhanklikheid vryheid van beweging en dus verstedeliking gebring het.
Hy sê beperkte vordering met die voorsiening van behuising is weens bankinstellings wat reusewins maak en nie hul voorspoed regverdig verdeel nie.
“Ons moet koppe bymekaarsit om hierdie probleem op te los,” sê hy, “maar dit is nie ’n Swapo probleem nie,” dring hy aan. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie