Die lys partye wat later vanjaar op die stembrief sal verskyn is tans 17 partye lank, volgens die ECN.
Foto www.ecn
Die lys partye wat later vanjaar op die stembrief sal verskyn is tans 17 partye lank, volgens die ECN. Foto www.ecn

Politieke partye gesny, finansiële state onthul

Augetto Graig
Die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) is besig met ’n veldtog om die lys politieke partye wat aan die komende nasionale verkiesings gaan deelneem, te verminder.

Reeds teen die einde van Februarie het die ECN die snoeiskêr ingelê toe die deregistrasie van drie sluimerende partye aan die lig gekom het.

Die politieke partye die Democratic Coalition of Namibia (DCN), die Federal Convention of Namibia (FCN) en die Namibia Democratic Movement for Change (NDMC) is gevolglik van die lys verwyder.

Verlede Maandag is dit bekend gemaak dat die Christian Democratic Voice (CDV), die Democratic Party of Namibia (DPN), en die Namibia Economic Freedom Fighters (NEFF) ook gederegistreer is.

NEFF se prokureur, Kadhila Amoomo, het gesê die ECN het nie die reg om dié party voor die sperdatum van 30 Junie te deregistreer nie.

Die CDV se parlementslid, Gotthard Kandume, wat ook saam met twee NEFF-parlementslede sy setel in die nasionale vergadering moet prysgee, verwys ook na die sperdatum van 30 Junie, volgens berigte in Republikein se susterkoerant Namibian Sun.

Die ECN se hoofkiesbeampte, Peter Shama, se verduideliking is Donderdagaand net ná middernag vrygestel.

Hy het verwys na die Verkiesingswet van 2014 se artikels 140 en 158 se vereistes vir finansiële rekordhouding, indiening en openbaarmaking van staatsfinansiering vir partye wat in die parlement teenwoordig is.

Die ECN nader reeds sedert 2019 al die politieke partye om aan die wet te voldoen. Artikel 152 van die wet laat die ECN toe om partye se registrasie op te skort, nadat die partye persoonlik genader en ingelig is, het Shama gesê.

Volgens hom is dit in Junie 2023 gedoen, maar die CDV kon daarna slegs state vir die 2021-’22-boekjaar indien.

Teen 25 April het die CDV ’n finale uitstel van 14 dae gekry, maar Shama sê tot op datum is geen verdere finansiële rekords ingedien nie.

Hy sê die DPN het nog nie op enige kommunikasie gereageer nie.

Met betrekking tot NEFF, sê Shama dat finansiële state vir die boekjare 2020-’21, 2021-’22 en 2022-’23 uitstaande was, ondanks beloftes van NEFF se ouditeure en herhaaldelike uitstel, en dat slegs state vir 2021 en 2022 op 31 Mei by die kommissie ingedien is.

Die state vir 2022-’23 is steeds uitstaande en is ook nie teen die sperdatum van 10 Mei in twee nasionale koerante gepubliseer, soos deur die wet vereis word nie, sê hy.

Hy sê die sperdatum van 30 Junie is vir die indiening van finansiële state drie maande ná die einde van ’n politieke party se boekjaar, in dié geval vir 2023-’24, en het niks te doen met die sperdatum van 10 Mei vir die openbaarmaking van state nie.

Nietemin het die regerende Swapo-party, die United Democratic Front of Namibia (UDF) en die Independent Patriots for Change (IPC) almal hul verkorte finansiële state Vrydag in die Nuwe Era, Republikein, Namibian Sun en Algemeine Zeitung laat publiseer, op die laaste moontlike drukdag voor 30 Junie.

Die gedrukte state is nie maklik om te ontleed nie. Dit blyk egter dat Swapo teen Maart vanjaar bates van sowat N$12 miljoen gehad het en die totale nagenoeg N$96,5 miljoen wat die party vir die 2024-boekjaar toegeken het, aan politieke uitgawes bestee het.

Die UDF se gedrukte state is tot Maart 2023 en toon bates van N$436 346 met inkomste van N$3,462 miljoen teenoor uitgawes van N$3,511 miljoen vir die finansiële jaar.

Die IPC se state is tot 31 Desember 2023 en toon bates van net meer as N$767 000, inkomste van sowat N$3,8 miljoen en uitgawes van N$4,458 miljoen vir dié boekjaar.

NEFF se finansiële state is reeds op 26 Junie in Namibian Sun gepubliseer. Die party se verslag vir die boekjaar tot Februarie 2023 toon bates van nagenoeg N$985 000, inkomste van sowat N$1,73 miljoen en uitgawes van sowat N$2,36 miljoen, wat ’n verlies van sowat N$686 500 toon.

NEFF-aktivis Michael Amushelelo sê op sosiale media: “Die Verkiesingskommissie van Namibië is heeltemal bevooroordeeld en korrup”, en “die ECN is nie ’n onafhanklike instelling wat vertrou kan word om ons verkiesings op ’n vrye en regverdige manier te hou nie”.

Die optog wat hy vir 5 Julie teen die ECN beplan het, is egter Saterdag opgeskort weens regsadvies, volgens Amushelelo.

Die ECN se woordvoerder, De Wet Siluka, het bevestig daar is tans 17 politieke partye geregistreer, nadat die Affirmative Repositioning (AR) verlede week geregistreer is.

Die ECN kon egter nie die volledige lys van geregistreerde partye teen druktyd verskaf nie.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-07-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Rugby World Cup U20: Wales U20 34 vs 41 New Zealand U20 | South Africa U20 57 vs 7 Fiji U20 | Australia U20 35 vs 11 Georgia U20 | Ireland U20 55 vs 15 Italy U20 | England U20 40 vs 21 Argentina U20 | France U20 49 vs 12 Spain U20 Katima Mulilo: 11° | 30° Rundu: 12° | 32° Eenhana: 12° | 32° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 15° | 27° Otjiwarongo: 8° | 27° Omaruru: 9° | 27° Windhoek: 7° | 24° Gobabis: 8° | 27° Henties Bay: 10° | 18° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:44, High tide: 13:07, Low Tide: 18:54, High tide: 01:19 Swakopmund: 13° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:42, High tide: 13:05, Low Tide: 18:52, High tide: 01:17 Walvis Bay: 11° | 21° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:42, High tide: 13:04, Low Tide: 18:52, High tide: 01:16 Rehoboth: 7° | 25° Mariental: 8° | 23° Keetmanshoop: 8° | 21° Aranos: 8° | 25° Lüderitz: 11° | 20° Ariamsvlei: 9° | 21° Oranjemund: 9° | 18° Luanda: 20° | 22° Gaborone: 10° | 26° Lubumbashi: 11° | 28° Mbabane: 11° | 27° Maseru: 6° | 18° Antananarivo: 6° | 21° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 15° | 30° Windhoek: 7° | 24° Cape Town: 12° | 15° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 12° | 19° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 14° | 27° Harare: 12° | 24° Currency: GBP to NAD 23.58 | EUR to NAD 20 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.62 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.77 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.28 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.17 | USD to AOA 862 | USD to BWP 13.66 | USD to EGP 48.11 | USD to KES 127.98 | USD to NGN 1504.9 | USD to ZAR 18.62 | USD to ZMW 23.95 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1772.61 Down -1.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13245.01 Down -0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27985.89 Up +0.06% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9374.78 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 330.84/OZ DOWN -0.0007 | Copper US$ 4.43/lb UP +0.37% | Zinc US$ 2 935.80/T DOWN -0.18% | Brent Crude Oil US$ 87.10/BBP DOWN -0.0025 | Platinum US$ 997.18/OZ UP +2.06% Sport results: Rugby World Cup U20: Wales U20 34 vs 41 New Zealand U20 | South Africa U20 57 vs 7 Fiji U20 | Australia U20 35 vs 11 Georgia U20 | Ireland U20 55 vs 15 Italy U20 | England U20 40 vs 21 Argentina U20 | France U20 49 vs 12 Spain U20 Weather: Katima Mulilo: 11° | 30° Rundu: 12° | 32° Eenhana: 12° | 32° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 15° | 27° Otjiwarongo: 8° | 27° Omaruru: 9° | 27° Windhoek: 7° | 24° Gobabis: 8° | 27° Henties Bay: 10° | 18° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:44, High tide: 13:07, Low Tide: 18:54, High tide: 01:19 Swakopmund: 13° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:42, High tide: 13:05, Low Tide: 18:52, High tide: 01:17 Walvis Bay: 11° | 21° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:42, High tide: 13:04, Low Tide: 18:52, High tide: 01:16 Rehoboth: 7° | 25° Mariental: 8° | 23° Keetmanshoop: 8° | 21° Aranos: 8° | 25° Lüderitz: 11° | 20° Ariamsvlei: 9° | 21° Oranjemund: 9° | 18° Luanda: 20° | 22° Gaborone: 10° | 26° Lubumbashi: 11° | 28° Mbabane: 11° | 27° Maseru: 6° | 18° Antananarivo: 6° | 21° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 15° | 30° Windhoek: 7° | 24° Cape Town: 12° | 15° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 12° | 19° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 14° | 27° Harare: 12° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.58 | EUR to NAD 20 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.62 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.77 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.28 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.17 | USD to AOA 862 | USD to BWP 13.66 | USD to EGP 48.11 | USD to KES 127.98 | USD to NGN 1504.9 | USD to ZAR 18.62 | USD to ZMW 23.95 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1772.61 Down -1.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13245.01 Down -0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27985.89 Up +0.06% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9374.78 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 330.84/OZ DOWN -0.0007 | Copper US$ 4.43/lb UP +0.37% | Zinc US$ 2 935.80/T DOWN -0.18% | Brent Crude Oil US$ 87.10/BBP DOWN -0.0025 | Platinum US$ 997.18/OZ UP +2.06%