Poppe dans in opvolgstryd
Kapofi onttrek
Kandidate vir Swapo se topposisies en hul ondersteuners is gewaarsku om nie omkopery of vuilspel in die sosiale media in te span in hul verkiesingsveldtogte nie.
Enkele dae ná die regerende party se sentrale komitee die afgelope Saterdag kandidate vir Swapo se topampte gefinaliseer het, het groot opspraak teen Woensdag reeds geheers.
Mnr. Frans Kapofi het uit die bloute die stryd gewonne gegee nog voor dit begin het, terwyl mnr. Jerry Ekandjo sy eie veldtog vir die visepresidentskap afgeskop het ondanks die feit dat hy tydens die nominasieproses uitgesak het.
Ekandjo het Saterdag 37 stemme ontvang teenoor Kapofi se 46 en mnr. Pohamba Shifeta se 57.
Ekandjo het deur middel van ‘n skrywe deur sy prokureur, mnr. Richard Metcalfe, dat hy hom tot die hof sal wend as sy onregmatige uitskakeling – deur die pypkan van reëls – nie ongedaan gemaak word nie.
Wysigings uit 2018 voorsien dat net persone wat 20 jaar lede van die party is en tien jaar lank in die sentrale komitee gedien het vir topposisies oorweeg mag word.
Ekandjo het in 2012 as visepresident en in 2017 as president van Swapo gestaan. Dr. Hage Geingob was beide kere die wenner.
Riemtelegramme wou dit hê dat Shifeta moontlik ook sou kop uittrek, wat net mee. Netumbo Nandi-Ndaitwah en Saara Kuugongelwa-Amadhila op die kandidatelys sal oorlaat.
Dit is onbekend of reëls iemand soos Ekandjo sal toelaat om die plek te vul wat oopgeval het.
KAPOFI VERDUIDELIK
Volgens Kapofi het hy om verskeie redes intussen ongemaklik oor sy nominering geraak en die kwessies met sy vrou en kinders bespreek. Hulle het saam met hom gestem dat dit die beste sal wees om terug te staan.
Hy het aan die Namibian Sun verduidelik dat vier kandidate volgens hom te veel is en dat hulle nie die diversiteit van die land weerspieël nie. Drie is uit die Ohangwenastreek en een uit Omusati.
Die feit dat hy minder stemme as Shifeta ontvang het, het volgens Kapofi ook ‘n rol gespeel.
Hy het voorts aangevoer dat hy weens die omstredenheid van die Helmut-wysigings nie beskou wil word as iemand wat onregmatig op die lys beland het nie.
Kapofi is deur sommige as Geingob se gunsteling bestempel.
WAARSKUWING
Geingob het Woensdag amptelik die kieswedloop oop verklaar en gesê veldtogte moet in ‘n gees van kameraadskap en eenheid gevoer word.
Smeerveldtogte en persoonlike aanvalle in die sosiale media en op ander platforms is verbied. Wanneer omkoopgeld of geskenke in enige vorm hande ruil om ‘n sekere kandidaat te bevoordeel, sal hulle uit die wedloop geskop word, het dr. Albert Kawana gesê.
Selfs diegene wat Swapo haat, stel volgens Geingob belang in partysake en die verkiesings se uitslag.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie