President keer terug van Kuba

Kristien Kruger
Namibië se verhouding met die Republiek van Kuba is verder versterk nadat president Nangolo Mbumba 'n tweedaagse staatsbesoek onderneem het.

Dit volg nadat president Díaz-Canel Bermúdez in Augustus 2023 Namibië besoek het en ’n aantal samewerkingsooreenkomste tussen die lande onderteken is.

Mbumba het tydens sy besoek tevredenheid uitgespreek oor samewerking op die gebied van gesondheid, stedelike beplanning en siviele ingenieurswese en het verder die behoefte aan sterker ekonomiese bande en hoëvlak wetenskaplike samewerking tussen Namibië en Kuba beklemtoon.

Tydens die besoek is Mbumba ook met die nasionale toekenning, "Order of Jose Marti", vereer. Mbumba het in sy aanvaardingstoespraak die Kubaanse regering en president bedank vir die eer en hy het die toekenning aan die Namibiese en Kubaanse mense opgedra.

Ten einde ekonomiese samewerking op die gebied van biotegnologienavorsing en -vervaardiging, het Mbumba die sentrum vir genetiese ingenieurswese en biotegnologie besoek.

Hy het die sentrum geprys vir sy navorsings- en vervaardigingsvermoëns en het met dringendheid die behoefte beklemtoon dat wetenskaplike samewerkings in biotegnologienavorsing tussen dié sentrum en Namibiese instellings moet begin.

Mbumba het ook die Jose Marti-gedenkteken besoek en daar ’n krans gelê. Hy was ook die eregas by die Centro Fidel Castro Ruz in Havana.

SAMEWERKING

Volgens die kantoor van die presidensie strek Namibië en Kuba se samewerking oor verskeie sektore soos gesondheid, onderwys, toerisme, vervoer, konstruksie en sport.

Met betrekking tot gesondheid voorsien Kuba vir Namibië van gesondheidswerkers en dit bied ook opleiding aan Namibiërs by Kubaanse instellings.

“In Julie 2023 het 173 Namibiese mediese studente aan verskeie universiteite in Kuba gegradueer, terwyl 49 tandheelkundestudente hul studies in 2022 voltooi het.

“Nog 'n groep van vyf Namibiese mediese studente het in Julie 2024 in Kuba gegradueer en het sedertdien na Namibië teruggekeer om hul beroep te beoefen.”

Die twee lande het ook saamgewerk op die gebied van omgewing en toerisme. Namibië het wild aan Kuba geskenk om sy biodiversiteit en toerismepogings ’n hupstoot te gee.

In sport het Kuba Namibië van hoëvlak spesialiste in stoei en boks voorsien.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 20° | 32° Oshakati: 22° | 31° Ruacana: 21° | 33° Tsumeb: 21° | 32° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 22° | 32° Gobabis: 19° | 33° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 24° | 34° Mariental: 24° | 36° Keetmanshoop: 25° | 37° Aranos: 21° | 34° Lüderitz: 16° | 27° Ariamsvlei: 25° | 39° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 18° | 23° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 17° | 34° Lilongwe: 23° | 34° Maputo: 21° | 29° Windhoek: 22° | 32° Cape Town: 18° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 19° | 29° #REF! #REF!