RDP bring saak teen geskorste lede
Die Rally for Democracy and Progress (RDP) het strafregtelike aanklagte teen die voormalige parlementslede, Mike Kavekotora en Kennedy Shekupakela, aanhangig gemaak op grond van bewerings dat hulle valse voorstellings van die RDP gemaak het met die doel om bedrog te pleeg.
Die RDP se president, Kandy Nehova, het dié opmerkings Donderdag tydens ’n mediakonferensie by die party se hoofkantoor in Windhoek gemaak.
Nehova het gesê hulle glo die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) het ook ’n rol gespeel deur na bewering ’n kieslys van Kavekotora te aanvaar “wat hom valslik as die wettige partyverteenwoordiger verklaar het terwyl die party hom reeds in Januarie 2020 geskors het”.
“Kavekotora en Shekupakela, wat die setel in die parlement oorgeneem het ná laasgenoemde se bedanking, is uit die party geskors en geen kontak mag met hulle gemaak word nie (ex-communicators).
“Hulle is daarin vir die geld. As hulle werklik die party se leiers is soos hulle beweer, wanneer laas het hulle veldtogte gevoer? Wat nog te sê om enigiets vir die party te doen?” het hy gevra.
‘NOOIT VERKIES’
Hy het die ECN verder gekritiseer en aangedui dat sy implementering van “hierdie ongemagtigde partyverteenwoordigers in die parlement ongekend is”.
“Die ECN het geen reg om by ons interne sake betrokke te raak nie. Dit verontagsaam onbeskaamd die party se grondwet en die beginsels van die oppergesag van die reg.
“Ons sal hulle [ECN] ook laat ondersoek,” het hy gedreig.
Intussen het die RDP se sekretaris van regs- en grondwetlike sake, Amanda Titus, gesê die RDP het sedert 2019 probeer om hierdie kwessie vriendskaplik te hanteer, maar geen oplossing kon glo bereik word nie.
Sy het aangevoer dat Kavekotora en Shekupakela nooit demokraties verkies is om die party tydens die verkiesing in Junie 2019 te lei nie, aangesien hulle nie daarin geslaag het om die vereiste 50 plus 1% van die totale stemme volgens die RDP-reëls, te verseker nie.
“Kavekotora het 49,6% van die stemme gekry en Shekupakela 47,2%. Die verkiesing moes herhaal word, maar die destydse voorsitter van die verkiesingskomitee, Cecil Nguvauva, het dit nie beveel nie.
“Die ECN het hiervan geweet aangesien ’n klagskrif met meer as 200 handtekeninge – wat beswaar gemaak het teen Kavekotora se aanstelling – dieselfde jaar by hulle ingedien is.
“Dié feit kan nie betwis word nie en die persverklaring van 10 Junie 2019, wat deur Kavekotora uitgereik is, het dit bevestig,” het sy gesê.
FONDSE ‘ONWETTIG’ GEBRUIK
Titus het bygevoeg dat die party se wettige leierskap en sentrale komitee, gelei word deur Kandy Nehova, wat in Oktober 2019 in Otjiwarongo verkies is.
Die party se leierskap kon egter sedertdien nie toegang tot die party se parlementsfondse kry nie en dit het glo politieke skade aan die party berokken.
“Vanaf Junie 2019 het ons gekyk hoe die party se fondse onwettig vir gebeure en aktiwiteite gebruik word wat nie ingevolge die RDP se grondwet en sy leidende liggaam goedgekeur is nie,” het Titus gesê.
“Op 2 Julie vanjaar is ’n Artikel 26A- en -B-kennisgewing deur die kommersiële ondersoekeenheid van die Namibiese polisie aan die ECN beteken ingevolge die Strafproseswet [CPA].
Die RDP dring daarop aan om deursigtigheid en regverdigheid in al sy handelinge te handhaaf om te verseker dat geregtigheid geskied en die regte van alle partye beskerm word,” het sy gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie