Regskenner ingespan vir verkiesingstwis
Suid-Afrikaanse senior advokaat
Die Independent Patriots for Change en die Verkiesingskommissie van Namibië sal weer môre in die kieshof verskyn.
Die Independent Patriots for Change (IPC) het die kragte van ’n gesoute Suid-Afrikaanse advokaat ingespan vir sy saak teen die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN).
Anton Katz is ’n senior advokaat (SC) met jare se ervaring in die regsberoep veral met betrekking tot internasionale reg; en grondwetlike en administratiewe reg.
Die verhoor wat die grondwetlikheid van die November-verkiesing onder die loep bring, duur môre voort.
Die IPC se prokureur, Dirk Conradie, het gister gesê hulle is vol vertroue in Katz se bevoegdheid in die hof.
“Hy het al meer as 60 grondwetlike sake hanteer. Sy teenwoordigheid is baie betekenisvol, want ons regspraak handel skaars oor grondwetlike aangeleenthede.
“Dit is een van die redes waarom ons besluit het om hom aan boord te bring omdat Suid-Afrikaanse howe baie met grondwetlikheid en wettigheid handel, het hy gesê.
Conradie het ook bevestig dat Katz se werkspermit gister afgelewer sou word.
HOFGESKIL
In hofdokumente wat by die Verkiesingshof ingedien is in die IPC se saak wat die uitslag van die Nasionale Vergadering-verkiesing uitdaag, het die IPC verklaar dat die “ECN die verkiesing op ’n grondwetlik aanstootlike wyse uitgevoer het”.
Hulle het ook bygevoeg dat president Nangolo Mbumba ook die magte van die ECN aan homself toegeëien het om nuwe stemlokale in te stel en dit te publiseer, in welke proses hy na bewering mense die reg ontneem het om hul stem by alle stemlokale uit te bring.
“Hierdie verkiesing was ’n skouspelagtige, dog skandelike skending van die oppergesag van die reg. Daar kan net een uitkoms wees,” lui die beëdigde verklaring.
Mbumba het egter volgehou sy besluit het aan grondwetlike vereistes voldoen en hy het die IPC se uitdaging as “wetlik ongegrond en ligsinnig” afgemaak.
Hy het beklemtoon dat die besluit om die verkiesing te verleng, gemaak is ná praktiese oorwegings en aanbevelings van die ECN.
Buiten vir die IPC se hofsake, het die Landless People’s Movement (LPM) ook die kieshof en hoërhof genader met die eis dat die stemme wat op 29 en 30 November uitgebring is, ongeldig verklaar word. Alternatiewelik eis hulle dat die algemene verkiesing van 2024 nietig verklaar word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie