Reusetaak wag op ECN

52 dae vir kiesers om te registreer
Die ECN het gesê hy is amper gereed vir kiesers om by 4 258 punte landswyd tussen 3 Junie tot 1 Augustus te registreer.
Mathias Haufiku
Op grond van die aantal geregistreerde kiesers in 2019, word voorspel dat die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) daagliks gemiddeld sowat 26 000 mense sal moet registreer binne die 52 dae wat vir die registrasie van kiesers opsy gesit is.

Die nasionale kiesregister het in 2019 uit 1 358 468 kiesers bestaan, wat ’n toename van 144 274 kiesers vanaf die 2014-peilings aangedui het.

Met die sensusuitslae wat toon dat die Namibiese bevolking sedertdien tot 3022 401 gegroei het, verwag ontleders ’n aansienlike toename in die nuwe kieserlys.

Die ECN het gesê hy is byna gereed vir kiesers wat sy 4 258 registrasiepunte landswyd tussen 3 Junie tot 1 Augustus sal besoek en het bygevoeg dat die proses om die registrasiepunte te finaliseer in ’n gevorderde stadium is.

‘DIT IS VOLDOENDE’

Namibië se hoofverkiesingsbeampte, Peter Shaama, het vandeesweek gesê hy is vol vertroue dat die 52 dae wat die kommissie opsy gesit het om kiesers te registreer ter voorbereiding van die nasionale verkiesing later vanjaar, meer as voldoende is.

“Die kommissie sal registrasiespanne na al 121 kiesafdelings stuur. Afhangende van die bevolkingsdigtheid, sal sommige kiesafdelings meer registrasiepunte as ander hê. Noukeurige beplanning het hierin gegaan op grond van die kommissie se ervaring met die uitvoer van ’n algemene registrasie van kiesers (GRV) in 2014 en die suksesvolle registrasie van meer as 1,3 miljoen kiesers oor ’n tydperk van 42 dae,” het Shaama gesê.

Hy het gesê altesaam 2 700 verkiesingsbeamptes sal daagliks tussen 08:00 en 19:00 gedurende die registrasietydperk aan diens wees om nuwe kiesers te registreer, behalwe op Sondae.

ALLE KIESERS MOET REGISTREER

Die ECN het ook aangedui dat “alle stemgeregtigde kiesers verplig word om opnuut te registreer”.

Registrasiepunte sal by ’n wye verskeidenheid liggings landswyd geleë wees en sluit skole, gemeenskapsale, kerke en ander gemeenskapslokale in.

Shaama het gesê die ECN kan dit oorweeg om ’n aanlyn registrasieplatform in die toekoms in te stel om dit vir die publiek makliker te maak om te registreer.

“Die presidensiële en Nasionale Vergadering-verkiesings sal gehou word ingevolge Kieswet 5 van 2014. Hierdie wet maak nie voorsiening vir aanlyn registrasie of om aanlyn te stem nie. Enige wysiging van die wet vereis ’n konsultasieproses met belanghebbendes.”

Namibiërs sal een van die twee miljard kiesers in 50 lande wêreldwyd wees wat hul stemme in die loop van 2024 sal uitbring, en met nuwe sensusdata wat daarop dui dat die land se bevolking van 2,1 miljoen tot net meer as drie miljoen toegeneem het, het die ECN ’n reusetaak op hande om te verseker dat alle stemgeregtigde burgers geregistreer is om op 27 November te kan stem.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 22° | 30° Ruacana: 21° | 29° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 18° | 26° Omaruru: 22° | 33° Windhoek: 21° | 29° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 23° Rehoboth: 22° | 31° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 22° | 36° Aranos: 21° | 35° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 24° | 37° Oranjemund: 17° | 24° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 21° | 31° Lubumbashi: 17° | 29° Mbabane: 15° | 32° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 34° Windhoek: 21° | 29° Cape Town: 20° | 22° Durban: 20° | 30° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 18° | 29° #REF! #REF!