Rusland, Namibië ‘rotsvas’
Gedeelde hulp met misdaadkwessies
Die Speaker is deel van 'n taakspan wat die Oekraïne en Rusland besoek om oplossings vir die oorlog te vind.
Henriette Lamprecht
Ten spyte van die feit dat Rusland ’n supermoondheid is, wys rekords dit funksioneer nie op dreigemente teen swakkeres nie. Dit tree net uit selfverdediging op wat enige redelike staat sal doen.
Die adjunkminister van werke en vervoer, mnr. Veikko Nekundi, het in die Nasionale Vergadering (NV) die lof van Rusland besing, met ’n verdrag tussen dié land en Namibië oor gedeelde hulp met misdaadkwessies wat nou bekragtig moet word. Die verdrag is reeds in Oktober 2018 onderteken.
Nekundi het Namibië se lang geskiedenis met Rusland as “rotsvas en diep” beskryf wat gebaseer is op wedersydse respek van elkeen se strategiese outonomie.
Buiten China is Rusland volgens hom een van die enigste twee supermoondhede in die wêreld wat nie “soos baie ander ’n verkleurmannetjie” is nie.
“Rusland is ’n vertrouenswaardige vennoot en die bekragtiging van hierdie belangrike instrument sal net verder ons gemeenskaplik-voordelige verhouding versterk,” het hy gesê.
Volgens hom het misdaadbedrywighede gesofistikeerd geraak en word dit oor grense en op ’n wêreldskaal bedryf. Die verdrag sal vervolgens ’n doeltreffende instrument wees om te help met die vervolging van ’n wye reeks van misdadigers en misdade en wat georganiseerde misdaad, dwelmhandel en geldwassery insluit.
“Ek is seker dit sal ons vermoë verhoog om misdade met belang vir Namibiese wetstoepassingsagentskappe te ondersoek en suksesvol te vervolg.”
Nekundi se opmerkings in die NV volg terwyl die Speaker, prof. Peter Katjivivi, vandeesweek beide Moskou in Rusland en Kiëf in die Oekraïne besoek as deel van ’n taakspan van die Interparlementêre Unie (IPU).
Die taakspan is gestig om ’n vreedsame oplossing vir die oorlog in Oekraïne te probeer vind. Die hoop is om tydens die sending moontlike parlementêre oplossings vir die einde van die oorlog te verken. Ander lede van die sending sluit ook Speakers van Suid-Afrika en Uruguay, sowel as parlementslede van Indonesië, Israel en Kazakstan in. Die IPU is die globale organisasie vir nasionale parlemente en is meer as 130 jaar gelede gestig. Dit bestaan uit 178 nasionale lidparlemente en 14 streekparlementêre liggame.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie