SADC takel burgers se lewensgehalte
Water-, energie-, en voedselsekuriteit onder soeklig
Die SADC-gemeenskap beoog om die newe-effekte van die Covid-19-pandemie in hul nuutste gesprekke te takel.
Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) bied hul 10de Multibelanghebbende Dialoog vanaf vandag tot Woensdag in Lesotho aan waar kwessies rakende water, energie en voedselsekuriteit bespreek sal word.
SADC-lande is swaar getref deur die ekonomiese krisis wat met die Covid-19-pandemie meegebring is. Die gevolge het geslags- en sosioëkonomiese ongelykhede binne en tussen lidlande vergroot en jare se vordering omgekeer wat in die bereiking van die Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte (SDG’s) gemaak is.
“Arbeidsintensiewe sektore soos kleinhandel, vervaardiging en vervoer is daadwerklik deur die maatreëls geraak wat in plek gestel is om die pandemie hok te slaan. Hierdie sektore sal na verwagting op kort- tot mediumtermyn gedemp bly,” het SADC in ’n verklaring gesê.
Die doel van dié gesprekke is om ’n platform aan lande in die SADC-streek te gee om te verseker dat die implementering van die benadering in pas is met die streek se doelwitte, en om tasbare voordele te bewerkstellig.
“SADC se volhoubare onwikkeling hang grootliks af van goedere en dienste wat uit sy omgewing en natuurlike hulpbronbasis verkry word. Die omgewing en natuurlike hulpbronne is deurslaggewend in pogings om armoede uit te wis. Bestaansstrategieë en voedselsekerheid van die armes hang dikwels af van volhoubare ekosisteme asook die diversiteit van goedere en die ekologiese dienste wat dit verskaf,” lui die verklaring voorts.
Water-, voedsel- en energiesekuriteit wat van kritieke beland is vir ontwikkeling, is eweneens afhanklik van natuurlike begiftiging.
’n Aantal dryfvere soos klimaatsverandering, omgewingsagteruitgang, groeiende ekonomieë en bevolkings beklemtoon egter die druk op water, grond en energiebronne.
Dit het op sy beurt weer ’n invloed op die maatskaplike, ekonomiese en ekologiese stelsels en ’n groot impak op water, energie en voedselsekerheid.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie