Sekretaris-generaal van UPM kap terug
Becker vat Jan van Wyk aan
Die United People's Movement se geldsake verhoed glo die nakoming van ECN-vereistes.
“Dit is duidelik dat die UPM-president die presidentskap van die party as die diktatoriale gesag van die UPM sien.”
So skryf Elizabeth Celeste Becker, die afgedankte sekretaris-generaal van die United People’s Movement (UPM) in reaksie op ’n verklaring wat dié party se president, Jan van Wyk, vroeër dié week uitgereik het.
Hy het in sy verklaring bevestig dat Becker, asook die party se voorsitter, tesourier, en haar adjunk afgedank is.
In haar verklaring sê Becker dat Van Wyk se uitlatings ernstige beweringe en laster bevat, en volgens haar is geen optrede wat in sy verklaring vervat is, wettig of van krag nie.
Hy handhaaf ook nie die party se gedragskode nie, sê sy.
Benewens Becker, die tesourier Melvin van Wyk en sy vrou, Moretha, as partyvoorsitter, en ook adjunk-sekretaris-generaal, Justin Coetzee, se afdanking, het Van Wyk ook Maandag gesê ’n forensiese oudit vir die boekjare 2021-’22 en 2022-’23 moet gelas word en dat die Teenkorrupsiekommissie van Namibië (ACC) genader moet word om ondersoek in te stel.
Die UPM se swak finansiële situasie laat die party nie toe om die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) se vereistes na te kom nie, het Becker ook geskryf.
Sy beweer egter dat dit die party se president is wat self onreëlmatighede ten opsigte van die UPM se geldsake veroorsaak en toelaat.
Dit ten spyte van die party se grondwet wat hom verbied om met administrasie en kwessies van besteding in te meng, volgens Becker.
Sy sê Van Wyk en die party se bestuurskomitee sluit haar al sedert sy tot sekretaris-generaal verkies is uit die party se finansiële sake uit.
“Die sekretaris-generaal was uitgesluit van enige vorm van toegang tot die UPM se bankrekening, en het geen transaksionele gesag in die befondsing van die UPM sedert sy tot die posisie verkies is nie,” skryf Becker in die derde persoon van haarself.
Verder dring sy aan dat die UPM se president en bestuurskomitee die oorbesteding ten opsigte van die Swakopmundse tussenverkiesing veroorsaak het, en dat die lening en terugbetaling van N$90 000 aan haar ook deur die bestuurskomitee goedgekeur is.
Sy sê die bestuurskomitee en die partypresident onderdruk haar mandaat as toesighouer van die party se bedrywighede.
“Die sekretaris-generaal is verwyder vanaf alle inligtingplatforms (WhatsApp) of bestuur, wat nie haar posisie as ’n parlementslid in ag neem nie,” voeg sy by.
Sedert 28 Februarie het sy glo nog geen finansiële transaksies aangegaan nie, en kan ook nie daarvoor aanspreeklik gehou word nie, sê sy. Haar salaris is ook vanaf N$11 000 per maand na slegs N$2 500 verlaag, sê sy.
Sy dring ook daarop aan dat die bestuurskomitee onwettig verkies is. Dit aangesien die president sekere lede voorkeur gegee het, ten spyte daarvan dat hul lidmaatskapfooie nie op datum is nie.
“Die (party se) presidensie het in terme van die huidige verkose en voormalige poste binne die party voortdurend verskeie regulasies soos ingevolge die UPM-grondwet oortree,” sê sy.
Die waarnemende sekretaris-generaal Francis Huish is volgens Becker tussen diegene wat nie in aanmerking mag kom om deel van die partyleierskap te wees nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie