Selfone vir parlement ’n hulpmiddel
Die Nasionale Vergadering (NV) is nou gedigitaliseer en alle lede kan aan virtuele vergaderings deelneem, al is hulle nie in lewende lywe by die parlementsgeboue nie.
Die NV se departement inligtingstelsels het gister ’n verklaring uitgereik wat spesifiek gemik is in antwoord op ’n nasionale dagblad se berig dat die regering duur iPhones en ander selfone aan parlementslede gegee het.
Volgens die verklaring is voorsiening van selfone aan parlementslede deel van ’n inisiatief om bedrywighede aanlyn te bring. Met steun vanaf die Wêreldbank probeer Namibië ’n e-parlement konsep vestig wat moderne en betroubare tegnologie insluit. Hierdeur beoog die NV om homself in ’n demokratiese en burger-gesentreerde parlement te omskep. Die strategie tot 2027 is in Desember laas jaar van stapel gestuur.
“Die toestelle wat aan parlementslede verskaf word, is bedoel om hulle by te staan in die uitvoering van hul wetgewende pligte, in ooreenstemming met die strategie vir ’n e-parlement,” lees die vrystelling.
Die NV dring aan dit is goeie praktyk om parlementslede met die nodige toerusting toe te rus.
“Die NV sien uit daarna om sy e-parlement strategie suksesvol toe te pas, wat doeltreffendheid en produktiwiteit in wetskrywing, verteenwoordiging, hersiening en oorsig sal verbeter,” lees die vrystelling.
Die uitbreking van Covid-19 het die aanneming van tegnologie en virtuele vergaderings aangespoor, met reëls daarvoor wat reeds ontwikkel is, word uitgewys.
Volgens die koerantberig was een rede hoekom die parlementslede die skenkings benodig dat hulle nie toestelle met genoeg stoorspasie kan bekostig nie. Dit ten spyte van lede se gemiddelde inkomste N$51 000 per maand, of sowat N$78 00 per maand vir ministers.
Na bewering was die selfone vanaf MTC bekom teen sowat N$28 000 elk, en sluit in toestelle in die iPhone 13 Pro Max-reeks.
Die Nasionale Vergadering het 104 lede, terwyl 42 lede op die Nasionale Raad dien.

Kommentaar
Stephanus Gerber
Dis belaglik!