Ses partye het nog nie register afgehaal
Nuusredaksie – Ses van die 20 politieke partye wat aan die nasionale en presidensiële verkiesing in November deelneem, het nie hul afskrifte van die voorlopige kiesersregister, wat tot môre vir partye beskikbaar is, afgehaal nie.
Die inligting is deur die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) bevestig.
Alhoewel dit nie verpligtend is nie, gee die kieswet politieke partye die geleentheid om die register te ondersoek en beswaar aan te teken teen die insluiting van enige van die 1 451 444 name op die voorlopige register.
Die ECN het verlede week die voorlopige register aan alle politieke partye verskaf wat aan die November-verkiesing deelneem.
De Wet Siluka, die ECN se woordvoerder, het laat gister bevestig dat die betrokke ses partye partye nog hul elektroniese kopieë moet afhaal.
Die ECN het nie die name van die partye bekend gemaak nie.
Die meeste van die partye het verlede week hul afskrifte ontvang toe die register beskikbaar gestel is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie