Shivute laat geen boelie hom keer
Sakeverhouding met Stina Wu ontken
Nadat die Namibiese Inkomste-agentskap (NamRA) vroeg vandeesmaand na bewering vervalste items ter waarde van sowat N$5 miljoen vernietig het wat ’n openbare oproer en xenofobiese dreigemente teen Chinese besighede veroorsaak het, het NamRA se hoof, mnr. Sam Shivute, gesê hy word nie deur dreigemente van politieke entiteite geïntimideer nie.
Swapo se jeugliga, die Namibia Economic Freedom Fighters (NEFF) en opposisiefigure soos die Popular Democratic Movement-leier, mnr. McHenry Venaani, is onder diegene wat na bewering minagting oor die owerheid se optrede getoon het.
Die NEFF-kommissaris, mnr. Michael Amushelelo, en die Affirmative Repositioning-aktivis, mnr. Dimbulukeni Nauyoma is in hegtenis geneem en bly in polisie-aanhouding nadat hulle gedreig het om winkels by China Town te sluit en selfs af te brand.
NamRA hou vol hy het ’n wetlike mandaat wat hy sonder vrees sal aanhou vervul.
‘NIKS SKUD MY NIE’
Shivute het Woensdag in ’n onderhoud op The Evening Review gesê hy is al tevore deur gevaarlike misdadigers gedreig, maar dit het hom nooit gekeer om sy werk te doen nie.
“Vir die afgelope 27 jaar is ek ’n staatsamptenaar met die taak om die Namibiese regering te dien. Niks skud my nie; niemand kan my intimideer nie.”
Shivute voer aan hy het reeds sy hele professionele lewe al hierdie soort teistering verduur.
“Ek is al tevore gedreig, selfs deur gevaarlike misdadigers gedreig,” het Shivute gesê.
VERHOUDING MET WU ONTKEN
Shivute het verlede week op sosiale media die aantyging ontken dat hy ooit ’n sakeverhouding gehad het met die Chinees gebore me. Stina Wu, wat van die eiendomme by China Town besit.
“Ek fokus tans op die taak by NamRA. Hierdie ongegronde bewerings is deel van die valse narratief wat voorgehou word deur diegene wat NamRA wil verswak,” het hy gesê.
Intussen het Wu ook ontken dat sy baat gevind het by haar verhouding met Shivute en volgens haar het sy geen saketransaksies met Shivute gehad nie.
"Ek het hom leer ken vanweë ’n boek wat hy ’n paar jaar gelede geskryf het. Ons het vir meer as drie jaar geen kontak gehad nie," het sy gesê en bygevoeg dat sy nie kan onthou wanneer hul aanvanklik ontmoet het nie.
‘ETITI’
In ’n onlangse sosiale media-plasing het Shivute gesê geen dreigement wat teen hom of sy kollegas gemaak is, sal geldig wees nadat sy naam in ’n tradisionele bak geplaas is nie – ’n ritueel wat kwansuis bedoel is om iemand seer te maak.
“Geen hoeveelheid dreigemente of intimidasie sal ons keer om ons wetlike mandaat na te kom nie. Selfs die dreigemente om van ons in ‘etiti’ te plaas of vir ons ondergang te bid, sal nie slaag nie.
“Ons is beskerm en werk in ’n goddelike orde. Geen individu is groter as ’n sisteem nie. Ons is ’n stelsel wat gesamentlik en in ooreenstemming werk,” het Shivute op sy Facebook-blad gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie