Spanne Swapo en Harambee steek weer kop uit
Streekkonferensies se uitslae toon magsverskuiwing
Nadat hulle vyf jaar lank laag gelê het, toon die twee faksies van die 2017-kongres weer tekens van lewe.
TOIVO NDJEBELA
Dit wil voorkom asof dít wat van die destydse Span Swapo en Span Harambee oorgebly het, besig is om ’n terugkeer te maak.
Om die feit te verbloem dat hulle nog altyd in die skadu’s geskuil het ten spyte van hul openbare aankondiging dat hulle gaan ontbind, sal die twee spanne waarskynlik weer kop uitsteek met nuwe baadjies aan – of selfs onder nuwe name.
Met al die ekonomiese opportuniste in die party – iets wat hy al self erken het - is dit waarskynlik dat ‘n paar van hierdie draadsitters kampe kan ruil en aansluit by voormalige teëstanders in die strewe na hul eie bekrompe fortuin. Die algemene samestelling en DNS van die kampe het egter identies gebly. Die streekverkiesingskonferensies wat twee naweke gelede gehou is en die verkiesingskongresse van die party se vleuels – insluitend dié van Swapo se Jeugliga (SPYL) wat by Ongwediva gehou is – word fyn dopgehou omdat dit onvermydelik ’n stok in die wiel sal wees by die party se kongres in November.
STILLE OPSTANDING
Span Swapo, wat by die 2017-kongres onherkenbaar gehawend was, het stil-stil opgestaan.
Die eerste tekens van dié herlewing was toe mee. Pendukeni Iivula-Ithana en Petrina Haingura, albei Span Swapo-oogappels, in Februarie ’n terugkeer na aktiewe politiek gemaak het toe hulle setels in die sentrale komitee van Swapo se Vroueraad (SPWC) verwerf het.
As dit egter nie genoeg gewig dra nie, bevestig die verkiesing van me. Fransina Kahungu as sekretaris van die Vroueraad daardie siening.
Kahungu het dalk nie uit haar pad gegaan om haar verbintenis met Span Swapo in 2017 aan te kondig nie, maar daar was min twyfel binne Span Harambee dat sy een van hul eie was.
Hierdie denkrigting is onmiddellik ná die 2017-kongres verder bevestig toe diegene wat as pro-Span Swapo beskou is, uit hul posisies geboender is, met Kahungu wat haar plek as adjunk-burgemeester verloor het en ‘n gewone raadslid geword het.
TEëSPOED
Die heropkoms van diegene wat tydens die 2017-kongres die onderspit gedelf het, het met die teëspoed binne die Harambee-kamp saamgeval.
Die mees ooglopende hiervan is miskien president Hage Geingob, die stigter en hoof van daardie kamp in 2017, se weiering om sy mede-partylid, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, as sy opvolger as staatspresident te steun.
Tweedens is dit opmerklik dat byna die hele leierskap van die Jeugliga in 2017 uit Geingob-ondersteuners bestaan het – wat later teen mekaar gedraai het toe die politieke koek, waarvoor baie by die invloedryke kamp aangesluit het, begin krimp het.
Mnr. Marius Sheya, sekretaris van SPYL se ekonomiese sake en goewerneur van die Kunenestreek, was die eerste ooglopende slagoffer van daardie krake toe die liga se sentrale komitee hom in Desember 2021 uit die nasionale uitvoerende komitee geskop het.
Dit was die hou wat daarop gemik was om die “Staatshuis-waterdraers” se vlerke te knip, ‘n term wat spesifiek geskep is om te verwys na Geingob se vermeende lakeie in die jeugliga.
“Hy is herroep omdat hy onbevoeg en onbetroubaar is en [omdat hy] sy medewerkers in die SPYL-sakemaatskappye se direksies aangestel het. Sheya en Abel Amutse het die Namibiese Nasionale Studenteorganisasie (Nanso) se agenda binne die SPYL gedruk,” het ‘n ingeligte in die jeugliga se binnekring destyds gesê.
Dit was nadat Geingob dikwels jong mense soos mee. Patience Masua en Emma Theofelus, albei van Nanso, in die parlement aangestel het terwyl SPYL-kaders oor die hoof gesien is.
OP PAD UIT
Met Geingob wat nie meer op hierdie kongres vir Staatshuis in aanmerking kom nie, kan hy nie meer die invloed afdwing wat hy in 2017 gehad het toe almal ’n oomblik van sy aandag wou hê nie. Dít sou ook ‘n klap in die gesig van sy eertydse kamp wees.
Soos sake nou staan, is dit Nandi-Ndaitwah teen eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila in die wedloop om Geingob se pos oor te neem.
In die stof van hierdie tweeperdewedren is manlike kandidate wie se ambisies verstrengel is in ‘n web van die sogenaamde Helmut-wysigings en wie se drome net kan verwesenlik as hierdie belettende twisappels wonderbaarlik uit die Swapo-reëlboeke verdwyn.
Hoewel hy op pad uit is, is Geingob se invloed nou sy voorkeurkandidaat se reddingsboei - wat nog net met ‘n klein kring van vertrouelinge agter geslote deure bespreek is.
Ingeligtes het aan ons susterkoerant Namibian Sun gesê behalwe vir Hardap en Oshana, het alle Swapo-streekkonferensies tot dusver die Geingob-pad geneem. Erongo is die enigste streek wat nog sy leiers moet verkies.
In kommentaar op die verkiesingsuitslae van die streekkonferensies het ‘n senior partyfiguur verlede week gesê: “As ’n mens uit die perspektief van ‘n politieke ontleder kyk, is dít wat uitspeel politieke kannibalisme tussen Span Harambee en Span Swapo.”
“Terwyl hulle dieselfde baadjies by die 2017-kongres gedra het, is die bordjies verhang in die aanloop tot die 2022-kongres. Niemand is seker van die uitkoms nie.”
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie