Staatshoof besoek Suide
“Ek stel belang in stabiliteit en vrede vir die land, maar daar kan geen stabiliteit wees as die ekonomie nie reg is nie, as wetgewing nie behoorlik toegepas word nie en as ons nie met mekaar kommunikeer nie.”
So het president Nangolo Mbumba die naweek tydens ’n besoek aan die verre Suide gesê, waar hy op Lüderitz oor die jongste ekonomiese ontwikkelingsprojekte ingelig is en ’n reuse-navorsingstudie van stapel gestuur is om winddata by Hyphen Hydrogen Energy se perseel in te samel.
LüDERITZ RAAK BEDRYWIG
Die uitvoerende hoof van die Lüderitz Waterfront Development Company, Fluksman Samuehl, het hom onder meer ingelig dat die maatskappy saam met Gondwana Collection Namibia vanjaar ’n nuwe hotel in dié dorp se middestad sal begin bou.
Volgens Samuehl kan Lüderitz reeds nie die hoeveelheid besoekers hanteer nie. Hy het bygevoeg dat die maatskappy ook later vanjaar saam met ’n ander private maatskappy ’n private hospitaal met 150 beddens in die dorp sal begin bou en dat hulle woonstelle met ’n see-uitsig beplan.
Ander ontwikkelings wat die dorpsraad met die president gedeel het, sluit in die moontlike vestiging van ’n aanleg om waarde toe te voeg tot mangaan in die hawedorp en dat die raad grond verkoop het waarop ’n salmfabriek gebou gaan word. Die nuwe visfabriek sal na verwagting tot 300 nuwe werksgeleenthede op die dorp skep.
Die dorpsraad verwag ook dat die ontwikkeling van die Kudu-gasprojek deur BW Energies naby Lüderitz ’n groot impak sal hê en dat oliebedrywighede die dorp se ontwikkeling ’n aansienlik hupstoot sal gee.
Een groot hupstoot vir die ekonomiese groei van die ||Kharasstreek word verwag van die vooruitgang van die groenwaterstofbedryf, wat tot 15 000 werksgeleenthede tydens die konstruksiefase sal skep, en 3 000 voltydse werksgeleenthede wanneer dit operasioneel is.
HYPHEN BESTUDEER DIE WIND
Mbumba was ook die eregas by die seremonie om Hyphen Hydrogen Energy se nuwe navorsing oor sy windhulpbron bekend te stel.
Hyphen se uitvoerende hoof, Marco Raffinetti, het die president by hul kantoor op Lüderitz verwelkom en hy het meer oor die reuseprojek uitgebrei.
Die Metmast meteorologiese metingsveldtog behels die gebruik van tien toestelle in die middel van die projekterrein diep in die Tsau //Khaeb Nasionale Park.
Tien maste van 120 meter hoog strek oor 25 km en meet die windkrag elke tien minute – 20 m, 4 m, 6 m en tot 12 m in die lug – en sal die data vir ’n jaar insamel.
Daarmee kan die ontwerp van die windplaas en van die groenwaterstofaanleg geoptimaliseer word, terwyl die data ook sal help om verdere finansiering vir die projek te verseker.
Die navorsing is een van die grootste veldtogte van sy soort ter wêreld, volgens die organiseerders.
Die staatshoof het gesê dit is ’n duidelike aanduiding van hoe groot die groenwaterstofinisiatief in Namibië en in die ||Kharasstreek is.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie