Stel UPM-lede weer aan, beveel regter

Jan van Wyk se besluit was ‘onwettig’
Celeste Becker, Melvin van Wyk en Moretha van Wyk moet ingevolge die hofbevel met onmiddellike effek in hul vorige poste heraangestel word.
Kristien Kruger
Die hoërhof in Windhoek het verlede week ’n hofbevel uitgereik wat die president van die United People’s Movement (UPM), Jan van Wyk, se besluit om drie voormalige partylede af te dank, tersyde gestel het.

Regter Shafimana Ueitele het gelas dat die voormalige UPM-lede Celeste Becker, Melvin van Wyk en Moretha van Wyk – wat in Februarie en Maart 2023 van hul pligte onthef is – heraangestel moet word.

“Die verweerders [Jan van Wyk en die besturende komitee van die UPM] moet, met onmiddellike effek, elke eiser heraanstel in die posisie wat hy of sy verkies is tydens die vergadering van die verkiesende sentrale komitee wat op 14 Mei 2022 gehou is,” lui die hofbevel.

Voor sy afdanking was Melvin van Wyk as die UPM se nasionale tesourier aangestel, Becker was die sekretaris-generaal en Moretha van Wyk was die nasionale voorsitter van die party.

Ueitele het bevind dat Jan van Wyk se besluit onwettig was en dus geen gewig dra nie.

Hy het ook beveel dat Jan van Wyk en die uitvoerende komitee van die UPM die koste van die regsgeding moet betaal. Die saak is op 30 Julie afgehandel en van die rol geskrap.

AFDANKING

Becker, Melvin van Wyk en Moretha van Wyk het reeds in Maart 2023 die saak by die hoërhof in Windhoek aanhangig gemaak nadat hulle afgedank is.

Volgens ’n verklaring wat die UPM destyds uitgereik het, is Becker afgedank omdat sy na bewering die party in ’n “onsekere finansiële posisie” geplaas het.

Die UPM het gesê terwyl die party ’n verkiesingsbegroting van N$150 000 gehad het, het die party sowat N$293 000 bestee en dat Becker se ligsinnige besteding toegestaan is sonder die goedkeuring van die UPM se bestuur.

Becker het ook aangevoer dat Jan van Wyk “ongrondwetlike en onwettige” briewe aan hulle gestuur het waarin hy beweer het dat hulle uit hul verkose posisies in die UPM afgedank is.

Sy het aangevoer dat hy en die bestuurskomitee geen mandaat gehad het om sulke aksies uit te voer nie, maar dat slegs die sentrale komitee gemagtig is om dit te doen ingevolge die party se grondwet.

Hoewel die hofbevel reeds op 30 Julie uitgereik is, is die redes vir die beslissing teen gistermiddag nog nie op die hof se aanlyn stelsel (e-justice) gelaai nie.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 38° Rundu: 21° | 37° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 20° | 37° Ruacana: 18° | 37° Tsumeb: 23° | 35° Otjiwarongo: 18° | 34° Omaruru: 16° | 35° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 17° | 34° Henties Bay: 11° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:56, High tide: 04:06, Low Tide: 22:25, High tide: 16:22 Swakopmund: 12° | 15° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:04, Low Tide: 22:23, High tide: 16:20 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 35km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:03, Low Tide: 22:23, High tide: 16:19 Rehoboth: 15° | 33° Mariental: 15° | 33° Keetmanshoop: 12° | 30° Aranos: 15° | 34° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 12° | 28° Oranjemund: 9° | 18° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 35° Mbabane: 18° | 34° Maseru: 12° | 30° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 11° | 18° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 20° | 34° Harare: 17° | 31° Currency: GBP to NAD 23.33 | EUR to NAD 19.75 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 17.9 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.15 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.28 | USD to AOA 925.9 | USD to BWP 13.36 | USD to EGP 48.38 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1587.42 | USD to ZAR 17.91 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1761.3 Down -1.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13926.19 Down -0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30485.63 Up +1.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9625.73 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 544.96/OZ UP +1.31% | Copper US$ 4.17/lb UP +0.80% | Zinc US$ 2 857.30/T UP 2.57% | Brent Crude Oil US$ 72.04/BBP UP +1.30% | Platinum US$ 964.98/OZ UP +1.16% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 20° | 38° Rundu: 21° | 37° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 20° | 37° Ruacana: 18° | 37° Tsumeb: 23° | 35° Otjiwarongo: 18° | 34° Omaruru: 16° | 35° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 17° | 34° Henties Bay: 11° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:56, High tide: 04:06, Low Tide: 22:25, High tide: 16:22 Swakopmund: 12° | 15° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:04, Low Tide: 22:23, High tide: 16:20 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 35km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:03, Low Tide: 22:23, High tide: 16:19 Rehoboth: 15° | 33° Mariental: 15° | 33° Keetmanshoop: 12° | 30° Aranos: 15° | 34° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 12° | 28° Oranjemund: 9° | 18° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 35° Mbabane: 18° | 34° Maseru: 12° | 30° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 11° | 18° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 20° | 34° Harare: 17° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.33 | EUR to NAD 19.75 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 17.9 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.15 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.28 | USD to AOA 925.9 | USD to BWP 13.36 | USD to EGP 48.38 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1587.42 | USD to ZAR 17.91 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1761.3 Down -1.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13926.19 Down -0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30485.63 Up +1.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9625.73 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 544.96/OZ UP +1.31% | Copper US$ 4.17/lb UP +0.80% | Zinc US$ 2 857.30/T UP 2.57% | Brent Crude Oil US$ 72.04/BBP UP +1.30% | Platinum US$ 964.98/OZ UP +1.16%