Stembriewe: Fokus op inmenging is ‘misplaas’
Inligting kan ECN se reputasie red, sê kenner
Twee politieke kenners meen die ECN het 'n langdurige probleem met sy reputasie, wat vererger word deur die omstredenheid oor die stembrieftender.
Iréne-Mari van der Walt en Jemima Beukes – “Partye moet meer van die kostes maak. . . hoekom het die ECN hierdie mense gekies? Wie was die bieërs? Was daar omsigtigheid (due dilligence)? Wat het hierdie maatskappy van die ander onderskei?”
Só het die sosiopolitieke ontleder Christie Keulder gister gesê in verband met die tender wat die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) aan die maatskappy Ren-Form toegeken het om vanjaar se stembriewe te druk.
Hy meen die kollig op die moontlikheid van inmenging in vanjaar se nasionale verkiesings deur dié omstrede maatskappy is misplaas.
Keulder glo eerder Namibiërs en politieke partye moet hul aandag op die aanspreeklikheid van die ECN in die tenderproses vestig.
Verteenwoordigers van 18 politieke partye het Sondag vir 10 dae na Johannesburg vertrek om die drukproses van die stembriewe te monitor.
Keulder meen die ECN se reputasie en openbare vertroue in die organisasie sal steeds aan skerwe wees al sou die politieke partye se verteenwoordigers na Namibië terugkeer met goedkeuring vir die drukproses.
“Die ECN gaan nie hul reputasie red sonder om daardie inligting bekend te maak nie,” sê hy.
REAKSIE VAN OPPOSISIEPARTYE
Die woordvoerder van die Landless People’s Movement (LPM), Lifalaza Simataa, het gesê die besoek aan die maatskappy sal ook verteenwoordigers help om die proses te monitor en hulle kan nie toelaat dat die ECN met die proses voortgaan sonder enige toesig nie.
“Ons glo die gekonkel begin by die idee van die tender wat aan hierdie mense toegeken is. Terwyl dit met ons prokureurs betwis word, glo ons dat dit vir die ECN gepas sal wees, indien hulle konkel, dat geen politieke partye teenwoordig is wanneer die stembriewe gedruk word nie.
“Dus as ons daar is, kan ons sien of die inmenging daar plaasvind of om te verseker dat die ECN bedreig word. Ons voldoen daaraan, maar as die ECN alles in hul vermoë doen, kan ons ons goedkeuring vir die verkiesingsproses gee,” het hy gesê.
Die hoof van die Affirmative Repositioning (AR) se regsafdeling, Maitjituavi Kavetu, sê die party se besluit om ’n verteenwoordiger te stuur het geensins hul mening oor die toekenning van die tender verander nie.
“Ons posisie het nie verander ten opsigte van die toekenning nie, selfs voor die toekenning toe die ECN sy voornemens aangekondig het om ’n noodverkryging te doen.
“In daardie stadium was ons nie eens bewus wie die tender sou kry nie. Ons het die ECN daarop gewys dat die geloofwaardigheid van die verkiesing nie net oor die uitkoms gaan nie, maar ook oor die drukproses van stembriewe.”
JONGSTE VERWIKKELINGE
Professor Johan Coetzee van die Namibië Universiteit vir Wetenskap en Tegnologie (Nust), sê hy is “gewalg” oor die manier waarop die ECN die jongste verwikkelinge hanteer.
“Dit is swak en teleurstellend,” sê hy.
Coetzee voeg by dat daar tans verskeie vraagtekens oor die integriteit en betroubaarheid van die ECN hang.
“Daar was onder meer ’n hoflikheidsbesoek deur die ECN aan Staatshuis waar die sekretaris-generaal van Swapo opgedaag het,” sê hy.
Volgens Coetzee kan dit bydra tot toenemende steun vir alternatiewe regeringsvorme, soos gevind deur die Afrobarometer.
Keulder is van mening dat enige pogings om met die verkiesing in te meng meer as net Ren-Form sou behels.
“Ek sien nie hoe hulle dit werklik sou kon doen tensy hulle stembriewe druk wat reeds kruisies op het. As jy praat van inmenging met ’n verkiesing moet daar ’n paar goed wees.
“Jy het stembriewe nodig en jy het stembusse nodig. Jy moet in sekere gebiede mense daarvan weerhou om te stem en hulle in ander gebiede aanmoedig – daar is te veel op die spel – hoofsaaklik die regering en die land se reputasie," sê hy.
REPUTASIE
Volgens Keulder raak die afgunstige reaksie op die toekenning van die tender om stembriewe te druk ’n breër kwessie – ’n “reputasieprobleem” wat hy glo sedert die vorige nasionale verkiesings in 2019 reeds broei.
“In 2020 het ons bevind dat die verkiesingsproses ongrondwetlik was, maar nie die uitslae nie. Dit maak nie vir my sin dat ons glo die proses is ongrondwetlik nie, maar die uitslae wat daarmee verkry is, is nie,” sê Keulder.
“Data wys die vertroue in die ECN neem af en dit beteken dat mense dinge moeiliker aanvaar, daarom is dit belangrik dat die ECN nou die stappe doen om alles bekend te maak,” sê hy.
Keulder en Coetzee stem saam dat ’n gebrek aan vertroue in die ECN daartoe kan lei dat geregistreerde kiesers nie stem nie.
“Die mense wat sal besluit om nie te stem nie, is die jongmense en die jongmense is diegene wat skepties oor die regerende party, is” sê Coetzee.
Keulder bevraagteken ook waarom die regerende party tot nou toe oor die Ren-Form-kwessie geswyg het.
“Is dit iets wat hulle nie raak nie? Is dit iets waarmee hulle oukei is?”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie