Stembriewe kom môre in land aan
Die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) sê die druk van stembriewe vir volgende maand se Nasionale Vergadering- en presidensiële verkiesings is “suksesvol afgehandel” met die stembriewe wat na verwagting môre in die land sal aankom.
Dié proses sluit die verifikasie, binding, verpakking en aftekening deur gemagtigde verteenwoordiger van politieke partye en presidensiële kandidate in.
Die aankoms van die stembriewe val ook saam met die terugkeer van 18 verteenwoordigers van politieke partye wat na Suid-Afrika gevlieg het om die drukproses waar te neem.
Volgens die ECN se verkiesingskalender sal die versending van sensitiewe en niesensitiewe materiaal na stemlokale vanaf 3 tot 7 November plaasvind. Vir plaaslike stemlokale sal die versending na verwagting teen 20 November klaar wees.
Die materiaal sal na verwagting gereed wees vir diplomatieke missies vir die spesiale verkiesings wat op 13 November plaasvind.
Die ECN se aankondiging oor die finalisering van die drukproses kom etlike dae nadat president Nangolo Mbumba stemdag tot ’n openbare vakansiedag verklaar het.
“In ooreenstemming met die magte wat in die wet op openbare vakansiedae aan die president verleen is, het president Nangolo Mbumba Woensdag 27 November 2024 tot ’n openbare vakansiedag verklaar.
“Hierdie verklaring is gemaak om die verkiesing van ’n president en lede van die Nasionale Vergadering te vergemaklik in ooreenstemming met die bepalings van die kieswet,” lui ’n verklaring deur die president se kantoor wat verlede week uitgereik is.
Mbumba het alle stemgeregtigde kiesers aangemoedig om hierdie geleentheid te benut om hul demokratiese plig na te kom deur in groot getalle te stem en sodoende hul grondwetlike stemreg uit te oefen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie