Foto Argief
Foto Argief

Steminligting dié week aan partye bekend gemaak

Ander partye moet teenwoordig wees
Die kieshof het Vrydag 'n bevel uitgereik nadat die IPC, die LPM en die ECN 'n ooreenkoms bereik het.
Kristien Kruger
Na afloop van ’n omstrede verkiesingproses het politieke partye Vrydag in die kieshof verskyn vir hul sake teen die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN).

Tydens Vrydag se hofverrigtinge is ’n bevel uitgereik wat die ECN beveel om inligting wat verband hou met die stemme in die Nasionale Vergadering (NV)-verkiesing aan die Independent Patriots for Change (IPC) en die Landless People’s Movement (LPM) beskikbaar te stel.

Dié twee partye het reeds kort ná die verkiesing aangedui dat hulle van plan is om die uitslae daarvan uit te daag.

Die ECN het glo ingestem om die inligting te voorsien en die partye het ooreengekom dat dit eerskomende Woensdag en Donderdag, op 18 en 19 Desember, sal plaasvind.

Lede van die IPC en LPM sal op hierdie twee dae die inligting by die ECN se hoofkantoor in Windhoek in die teenwoordigheid van die Namibiese polisie en ECN-beamptes kan nagaan.

Die hof het ook beveel dat die ECN een persoon van elke politieke party wat aan die NV-verkiesing deelgeneem het, moet nooi om teenwoordig te wees wanneer verteenwoordigers van die IPC en die LPM die inligting nagaan.

Die inligting wat die ECN aan die IPC sal verskaf, sluit in die aantal stemme wat tydens die NV-verkiesing uitgebring is, the aantal stemme wat verwerp is, die aantal bedorwe stembriewe, die aantal stemme wat uitgebring is buite die kiesafdelings waar kiesers gestem het en die totale aantal stemme wat getel is, volgens die hofbevel.

Die inligting wat aan die LPM voorsien sal word, sluit in die aantal stemme wat uitgebring is, die aantal stemme wat verwerp is, bedorwe stembriewe en die totale aantal stemme wat by elke stemlokaal in die NV-verkiesing getel is, asook die aantal kiesers wat buite hul geregistreerde kiesafdelings gestem het.

Die hofbevel stipuleer egter dat die partye nie toegang tot enige verkiesingsmateriaal sal kry wat ingevolge die kieswet verseël is nie.

Die waarnemende adjunk-regter-president Nate Ndauendapo en regters Orben Sibeya en Beatrix de Jager het die bevel uitgereik.

#NamibiaDecides2024

[email protected]

Kommentaar

Stephanus Gerber 5 Dae Gelede 16 December 2024

Namibia is nie meer demokraties nie.

Rapporteer

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 37° Rundu: 21° | 32° Eenhana: 21° | 26° Oshakati: 21° | 29° Ruacana: 21° | 31° Tsumeb: 19° | 24° Otjiwarongo: 19° | 25° Omaruru: 21° | 32° Windhoek: 18° | 30° Gobabis: 20° | 29° Henties Bay: 17° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 20° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 25° | 37° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 16° | 26° Ariamsvlei: 24° | 40° Oranjemund: 17° | 22° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 25° Lubumbashi: 16° | 32° Mbabane: 18° | 29° Maseru: 16° | 29° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 36° Windhoek: 18° | 30° Cape Town: 18° | 23° Durban: 21° | 26° Johannesburg: 16° | 18° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 21° | 35° Harare: 20° | 32° #REF! #REF!