‘Steun Netumbo sonder om grondwet te oortree”
Voormalige SG kritiseer 2025-kongres
Die voormalige minister van justisie, 'n opgeleide prokureur, meen die party het die ideale geleentheid om sy adjunkpresident te beskerm terwyl dit sy eie grondwet nakom.
Die voormalige sekretaris-generaal (SG) van Swapo, Pendukeni Iivula-Ithana, het gesê die party moet die sentrale komitee se standpunt oor Netumbo Nandi-Ndaitwah steun om die enigste kandidaat vir die posisie van die partypresident te wees, maar het bygevoeg dat dit ongrondwetlik is om die buitengewone kongres eers in 2025 te hou.
Tydens ’n sentrale komitee-vergadering verlede Saterdag het Iivula-Ithana daarop gewys dat Nandi-Ndaitwah die enigste kandidaat vir Swapo se topposisie moet wees – ’n standpunt wat die eerste keer ingeneem is tydens ’n politburo-vergadering ’n week vantevore, en wat sterk steun van die party se stigterspresident, Sam Nujoma, geniet het.
Om opposisie teen Nandi-Ndaitwah te verbied, is oënskynlik bedoel om verdeeldheid in die party voor die algemene verkiesing in 2024 te verhoed, maar die grondwetlikheid van die stap is bevraagteken.
Die opvolgwedloop in Swapo is aangewakker deur die dood van sy partypresident Hage Geingob op 4 Februarie vanjaar.
Artikel 15 (9) van die party se grondwet stipuleer dat, onder hierdie omstandighede, die sentrale komitee – die hoogste besluitnemende liggaam tussen kongresse – ’n buitengewone kongres binne drie maande moet belê.
Die sentrale komitee het egter besluit dat die buitengewone kongres eers in April 2025 sal plaasvind, ’n besluit wat Iivula-Ithana as ongrondwetlik beskou.
“Ons het die ideale geleentheid gehad om dinge reg te doen, aangesien kameraad Netumbo nie teengestaan word nie. Sodra daardie hekkie uit die weggeruim is, moes ons voortgegaan het en ons kollektiewe posisie wettig gemaak het deur die buitengewone kongres binne die tydsraamwerk byeen te roep, soos deur Swapo se grondwet bepaal word.”
Sy het bygevoeg: “Die probleem om die grondwetlike vereistes te ignoreer – en agter doelbewuste verkeerde interpretasies weg te kruip – is dat dit Swapo in ’n negatiewe lig stel in die oë van ons lede en die publiek, wat vertroue in ons party moet hê voor vanjaar se verkiesings.
“Ek wil dit duidelik stel: Die party moet verseker dat kameraad Netumbo ons enigste kandidaat is. Maar ek ondersteun nie die ongrondwetlike uitstel van die buitengewone kongres na 2025 nie. Daar is eenvoudig niks in ons grondwet wat dit toelaat nie. Ons het ’n ideale geleentheid gemis om dinge op ’n grondwetlike manier te doen, terwyl ons steeds kameraad Netumbo as die enigste kandidaat beskerm het,” het sy gesê.
SWAK VOORBEELD
Sondag het ’n voormalige lid van die sentrale komitee in die Kavango-Oosstreek gesê die sentrale komitee se besluit om die buitengewone kongres binne die vasgestelde tydsraamwerk oor te slaan, is onreëlmatig.
Sy het bygevoeg: “Wat my die meeste bekommer, is dat hierdie dinge nou genormaliseer word onder die dekmantel van die handhawing van eenheid. Hoe handhaaf jy eenheid deur jou eie grondwet te oortree? Hulle skuil agter eenheid om hul onwettige dinge te doen.
“Netumbo het ons volle ondersteuning. Sy [sou] deur die buitengewone kongres geseil het as die oorspronklike, wettige en enigste kandidaat van ons party,” het die lid, wat Nandi-Ndaitwah se Team Harambee by die gewone kongres in 2017 gesteun het, gesê.
REAKSIE
Die Namibiese akademikus in Duitsland, professor Joseph Diescho, sê dié besluit het die potensiaal om Nandi-Ndiatwah se reputasie te benadeel as iemand wat aan die wet voldoen.
“Die mense wat die narratief dryf dat die buitengewone kongres meer as ’n jaar daarna eers kan plaasvind, is óf oneerlik óf is nie geskoold in die grondwet en die interpretasie daarvan nie. Hulle speel met semantiek om ons intelligensie te onderskat.
“Die interpretasie van grondwetlike klousules gaan oor die begrip van die oorspronklike bedoeling van diegene wat die wet geskryf het. In hierdie geval kon die skrywers van daardie klousule nooit ’n blote voorstel gemaak het om enige tyd in die toekoms ’n verkiesende kongres te hou ná die afsterwe van ’n verkose president nie,” het hy gesê.
“Drie maande is drie kalendermaande en nie die van mense se emosies en voorkeure nie. Ek is bekommerd oor die rol van die regsgeleerdes in Swapo. Hierdie vertraging sal die bestuur vir Netumbo moeiliker maak. Die sentrale komitee was korrek om te aanvaar dat ’n buitengewone kongres gehou moet word om die partypresident te verkies, soos voorgeskryf. Maar nie ’n jaar later nie.
“Die grondwetlike manier is om die kongres nou te hou en Netumbo te laat verkies en die moeilikheid van twee magsfaksies uit die weg te ruim. Dit is Netumbo se tyd om deur die voorgeskrewe proses verkies te word.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie