Suide is steeds ons vesting, sê LPM
Swartbooi kry 51 160 stemme, ofte wel 4,65%
Ten spyte van 'n afname in een suidelike kiesafdeling waar die LPM gewoonlik steun geniet, is die party nie bekommerd oor sy algehele steun in die Suide nie.
Dit blyk dat die Landless People’s Movement (LPM) en sy presidentskandidaat, Bernadus Swartbooi, die lojaliteit van kiesers in Mariental – waar die party gewoonlik groot steun geniet – verloor het.
Die LPM se woordvoerder, Lifalaza Simataa, het egter gesê dié getalle is geen rede tot kommer vir die party nie.
“Ons glo lede van die weermag was ten tyde van die spesiale stemmery in die Suide vir opleiding, so hulle het natuurlik in die Suide gaan stem en dit blyk dat talle van hulle vir Swapo gestem het.
“Of dit so beplan is om die indruk te skep dat ons die Suide verloor het of nie, kan ons nie bewys nie, maar dit is nie vir ons kommerwekkend nie,” het hy gesê.
Die getalle toon egter dat die regerende party ook steun in die Hardapstreek verloor het, al het hy tans die meerderheid stemme in die Mariental Landelike-kiesafdeling.
Die laaste keer wat Swapo se steun in die Hardapstreek gegroei het, was in 2014 se nasionale verkiesing toe steun vir die party 72,18% bereik het. Dié steun het in 2019 tot 49,26% afgeneem toe die LPM die regerende party ’n knou toegedien het deur 31,83% van die stemme in die streek op die party te verenig. Tydens vanjaar se verkiesing het Swapo se steun tot 45,90% afgeneem en die LPM s’n tot 29,44%.
Die Independent Patriots for Change (IPC) het vanjaar, in sy eerste verkiesing, 18,83% van die stemme gekry.
In die Mariental Stedelike-kiesafdeling was die LPM egter die groot wenner, aangesien hul steun met 1,75% gegroei het. Swapo het vanjaar in dié kiesafdeling 5,47% van sy stemme verloor vergeleke met die nasionale verkiesing in 2019.
Simataa het ook gesê die party se steun het in ander kiesafdelings gegroei en dit lyk tans of die party meer setels in die Nasionale Vergadering (NV) gaan hê as voorheen.
“Ons glo ons steun het groei en dat ons nie ons steun in die Suide verloor het nie,” sê hy.
Die LPM het vier setels in die 2019-verkiesing gewen en vyf setels in vanjaar se verkiesing.
FINALE VERKIESINGSUITSLAE
Die voorsitter van die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN), Elsie Nghikembua, het gister tydens die bekendmaking van vanjaar se finale verkiesingsuitslae gesê partye moes 11 382 stemme op hom verenig het om ’n setel in die NV te kry.
Swartbooi, was uiteindelik die vierde gewildste kandidaat met 51 160 of 4,65% stemme. Die LPM was effens meer gewild as sy presidentskandidaat met 56 971 ofte wel 5,21% van die stemme.
#NamibiaDecides2024
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie