Swapo: IPC 'vis' vir bewyse
Swapo sê die Independent Patriots for Change (IPC) is op 'n 'visvang-ekspedisie' om bewyse in te samel om hul saak by die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) te versterk om die nasionale en presidensiële verkiesings in November nietig te verklaar. Volgens Swapo maak dit hul regsaansoek 'n klug. Ook het die IPC se nasionale algemene sekretaris Christine Aochamus nie die reg om die aansoek namens ander te bring nie, omdat sy nie deel was van die partyverteenwoordigers wat teenwoordig was om verkiesingsmateriaal na afloop van die verkiesing te ondersoek nie.
Swapo se sekretaris-generaal Sophia Shaningwa het op die IPC se regsaksie in die verkiesings- en hooggeregshof gereageer om die verkiesings nietig te verklaar.
“Die bewaarplek van mag wat die verifiëring van stembriewe aan betref, is die toesighoudende beampte van ’n bepaalde kiesafdeling by ontvangs van verseëlde pakkies van die voorsittende beampte. Versuim om die betrokke toesighoudende beampte aan te haal of uit te wys, is noodlottig,” het Shaningwa gesê.
Aangesien die IPC die terugkeer en uitslag van die verkiesings 'aanval', is hul versuim om toesighoudende beamptes by hul regsaksie in te sluit, hul grootste struikelblok.
Sy het verder beklemtoon die IPC moet oorweging daaraan skenk dat sy regsgeding verskeie verkose parlementariërs sal raak wat uit hul besoldigde staatsdiensposte bedank het.
Terwyl Shaningwa beklemtoon sy het geen opdrag het om eise namens hulle te maak nie, het sy gesê dat hierdie individue negatief geraak sal word en in hierdie geval ook as respondente aangehaal moes gewees het.
“Ek noem 'n paar, naamlik Willem Amutenya, dr. Elijah Ngurare, Sharonice Busch ens. Hulle sal wesenlik en direk deur hierdie bevele geraak word. Daar is ook verskeie ander verkose lede van ander politieke partye. Wat as die verkiesing ongeldig verklaar word? Wat gebeur met hulle? In sommige gevalle is hul posisies dalk reeds beklee,” het sy gesê. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie