Swapo-kongres: President vra volle steun vir wenkandidaat
'Gebruik gesonde verstand, stemreg verantwoordelik'
Die uitslae van die verkiesing sou oorspronklik gistermiddag bekend gemaak word, maar teen Saterdagmiddag was die verkiesing reeds ure agter skedule.
Frank Steffen en Eberhard Hofmann - Geen verkiesingsuitslae van verlede naweek se Swapo-kongres is teen druktyd bekend gemaak nie.
Byna 900 Swapo-afgevaardigdes het in Windhoek vergader om die party se visepresident, hoofsekretaris en adjunk-hoofsekretaris te verkies. Die party se huidige visepresident, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila en die minister van die omgewing, bosbou en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, het as kandidate vir die visepresidentsverkiesing aangemeld.
Die uitslae van die verkiesing sou oorspronklik gistermiddag bekend gemaak word, maar teen Saterdagmiddag was die verkiesing reeds ure agter skedule en teen gistermiddag was dit duidelik dat die aankondiging van die uitslae eers laataand sou wees.
Die kongres het in uiterste geheimhouding plaasgevind; alle onderhandelinge is agter geslote deure gehou en niemand het met die media gepraat nie - afgevaardigdes is nie eens toegelaat om hul selfone by hulle te hê nie.
LUUKSHEDE
In skerp kontras met aanvoerings dat die Swapo-kongres nie oor mag en persoonlike gewin gegaan het nie, het die parkeerterrein van die Safari Hotel in Windhoek skynbaar die teenoorgestelde opvatting geskep. Een duur en luukse limousine ná die ander het verlede naweek hiér stilgehou.
President Hage Geingob het Vrydag by die kongres-opening duidelik die skoene van staatshoof én partyleier volgestaan. In sy toespraak hy ‘n beroep op afgevaardigdes gedoen om hul gesonde verstand en stemreg verantwoordelik te gebruik. “Die keuse of my opvolger in 2025 ’n vrou of ’n jonger man sal wees, is in julle hande.”
Benewens die pos van Swapo se visepresident bepaal die kongres ook die aanstellings in die ander senior bestuursposte.
Gewoonlik is die visepresident die party se presidentskandidaat in die volgende algemene verkiesing. As die regerende party ’n meerderheid van die stemme kry, sal sy opvolger drie jaar voor Geingob se uittrede bekend wees. Geingob het die kongresbywoners gewaarsku om onmiddellik die uitslag van die interne verkiesings te erken en die suksesvolle kandidaat ten volle te ondersteun.
FISHROT STEEDS ‘N PROBLEEM
Geingob het in sy toespraak verskeie onderwerpe aangeroer. Die president het sy oortuiging duidelik uitgespreek dat – in die “huis van Namibië, waar almal moet tuis voel ongeag van hul herkoms en geslag” – geen ander party die land se politieke uitdagings so doeltreffend kan aanpak nie. Hy het breedvoerig uitgebrei oor die sogenaamde Fishrot-skandaal en beskryf hoe hy ‘n beroep op die ministers wat glo betrokke was, gedoen het om self te bedank voordat hy hulle sou moes afdank.
“Ek is nie die regter nie. Geregtigheid moet nou seëvier. Maar die feit dat diegene wat in hegtenis geneem is ná drie jaar nog nie in die beskuldigdebank verskyn het nie, wys dat die probleme van ons regbank ook oorkom moet word.”
Geingob wil hê dat die stigting van die Teenkorrupsiekommissie (ACC) onder oudpresident Hifikepunye Pohamba, sy voorganger, as ‘n prestasie van die Swapo-regering erken moet word.
BEVRAAGTEKEN DIE MEDIA
Geingob het gerugte oor ‘n interne partytwis aangeroer en die afgevaardigdes versoek om met integriteit op te tree en hulle gewaarsku om nie sommer mediaberigte te glo nie.
Geingob het ‘n lang gedeelte van sy toespraak gewy aan die prestasies wat die Swapo as regerende party in die nasie bewerkstellig het.
Hier het hy veral beklemtoon dat die regering tydens sy ampstermyn die staatspensioen van N$600 na N$1 300 verhoog het.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie