Swapo kry meerderheid van politieke mediadekking
Volledige verslag eersdaags bekend
'n Ontleding van politieke berigte in die media is gister bekend gestel.
Tydens die bekendstelling van die eerste Mediamoniteringsverslag het dit aan die lig gekom dat die regerende party, Swapo, vanaf 20 Junie tot 21 Julie vanjaar 41% van politieke mediadekking ontvang het.
Die Namibia Economic Freedom Fighters (NEFF) is tweede met slegs 13% en die Landless People’s Movement (LPM) derde met 11%-mediadekking.
Die Independent Patriots for Change (IPC) en die Popular Democratic Movement (PDM) is gelykop met 6%-mediadekking elk.
Die Affirmative Repositioning (AR) was die onderwerp van 5% van mediadekking terwyl onafhanklike kandidate 2% van die media se aandag ontvang het.
Uit die 41% van politieke mediaberigte wat die kollig op die regerende party geplaas het, was slegs 4% negatief, terwyl 56% neutraal en 40% positief was.
Inteendeel, die meerderheid (64%) van die dekking oor NEFF was negatief met 36% wat neutraal was.
Die mediaberigte wat ontleed is, sluit ook berigte in oor NEFF se deregistrasie as politieke party deur die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) en die gevolglike hofaansoek.
Die staatsmedia het die voortou geneem in beriggewing oor Swapo, aangesien die New Era-dagblad verantwoordelik was vir 21% van die stellings wat oor Swapo gemaak is en die Namibiese Uitsaaikorporasie (NBC) se nuusprogramme 14% van die stellings oor Swapo verskaf het.
Die private Engelse dagblad, The Namibian, het 11% van die stellings in die media oor Swapo gemaak, terwyl Namibian Sun verantwoordelik was vir 9%. Republikein en die radiostasie Kosmos het albei onderskeidelik 4% bygedra.
Staatsbeheerde media het 56% van die dekking verskaf wat met Swapo verband hou terwyl die private media die ander 44% verskaf het.
Uit die temas van stellings wat in die media oor Swapo gemaak is, is dienslewering slegs sesde op die ranglys. Verkiesingsveldtogte is die meeste bespreek.
Republikein het die meeste stellings oor NEFF gemaak met 33% van politieke mediadekking. The Namibian volg met 19%.
In die geval van NEFF het die private media 85%-dekking verskaf terwyl die staatsmedia slegs 15% hiervan gedra het.
Daar was amper vier keer meer in die media berig oor dié party se deregistrasie as oor ander NEFF-verwante kwessies, soos wette en regulasies.
Staatsmedia het ook 96% van mediaberigte oor die LPM verskaf met die private media wat verantwoordelik is vir slegs 4%.
Die media-ombudsman, John Nakuta, het opgemerk dat die syfers vir die LPM “ooreenkom met dié vir die regerende party”.
LGBTQIA-KWESSIES
Mediadekking oor LGBTQIA-kwessies is ook ontleed met 100% van die mediaberigte oor die sodomiewet wat as neutraal bevind is.
Die besturende direkteur van NaMedia, Natasja Beyleveld, het die private media se afwesigheid in die dekking van vrouekwessies uitgelig.
“Dis asof die private media nie die geslagskwessies raaksien nie,” het sy gesê.
Al die stellings wat in die media gemaak is oor vroue se rol in die samelewing en vroue se verhouding met politiek was positief.
Nakuta het tydens die bekendstelling gesê dat finale wysigings aangebring moet word voor die volledige verslag bekend gestel sal word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie