Swapo mik glo om kiesers in Kavango te werf
‘Het ’n stem van almal nodig’
Die regerende party meen hy werk hard om kiesers uit alle uithoeke van die land te werf en nie net in die twee Kavangostreke nie.
Met streke suid van die veeartsenykordonheining (VCF), ook bekend as die Rooilyn wat al hoe meer onvoorspelbaar raak wat hul stempatrone betref, poog die regerende party Swapo glo om kiesers in die Kavango-Oos- en -Wesstreek se stemme te werf.
Dit wil blyk dat Swapo hoop dat stemme uit dié streke en in sy tradisionele vier noordelike streke, voldoende sal wees om hom in die algemene verkiesing in November oor die 50%-kerf te dra.
Swapo en regeringsleiers het die afgelope twee jaar gereeld die Kavangostreke besoek. Stemme uit dié streke is dalk belangriker as ooit vir die party te midde van dalende kiesersgetalle in die Hardap-, ||Kharas-, Erongo-, Omaheke- en Kunenestreek.
Omusati, Oshana, Ohangwena en Oshikoto bly die basis van die meerderheid van Swapo se steun, maar hul lojaliteit kan moontlik onvoldoende wees as die groter prentjie in ag geneem word.
Die rede agter die gereelde besoeke aan die Kavango-Oos en -Wesstreek is waarskynlik om die party se nasionale getalle ’n hupstoot te gee.
ALLE PAAIE LEI NA RUNDU
Swapo se partyleiers het in Julie alleen verskeie besoeke aan Rundu afgelê.
Swapo se jeugliga (Spyl) het op 19 Julie ’n vraag-en-antwoordsessie gereël waartydens die party se presidentskandidaat, Netumbo Nandi-Ndaitwah, die hoofspreker was.
Nandi-Ndaitwah het verlede maand ook ’n seremonie vir ’n burgerlike kantoor op Nkurenkuru bygewoon, maar die geleentheid was relatief onsuksesvol aangesien daar geen bakstene gelê kon word nie weens die organiseerders se swak beplanning.
Net ’n week later het die party weer ’n saamtrek gehou waartydens die politburo-lid en bekende prokureur, Sisa Namandje, en ander partyleiers die skare toegespreek het. Nandi-Ndaitwah het ook in Maart groenskema-projekte in Kavango-Oos besoek.
Spyl se streekvergaderings, wat in al 14 streke gehou is, was die gewildste in Kavango-Wes met sowat 150 deelnemers, gevolg deur Kavango-Oos met 71.
Die Kunenestreek – waar die Popular Democratic Movement (PDM) en die United Democratic Front (UDF) glo meer ondersteuners as Swapo het – het die laagste bywoning by die Spyl-vergaderings gehad, met glo slegs ses mense wat dit bygewoon het.
Swapo se sekretaris-generaal, Sophia Shaningwa, het in April Kavango-Wes besoek om ontevredenheid onder lede van die party oor die Kapako-distrik se uitvoerende komitee te takel.
Shaningwa het Donderdag gesê Swapo werk hard om kiesers uit alle uithoeke van die land te werf en nie net in die twee Kavangostreke nie.
Sy het gereageer op die politieke kenner, Ndumba Kamwanyah, se opmerking dat “Swapo sy topleiers na die Kavangostreke gestuur het in die hoop om die party se steun wat oor die jare gekwyn het, weer aan te wakker”.
‘DESPERAAT’
Kamwanyah meen verder dat die opening van die Gcaruhwa-kliniek in Kavango-Wes verlede jaar – 12 jaar nadat dit in 2012 begin het – ’n desperate stap was wat daarop gemik was om Swapo se steun in die streek te probeer red.
“Die onlangse pogings van Swapo om die Kavango-mense oor stemme te wen met seremonies en klinieke wat 12 jaar gelede belowe is, word as onopreg en ‘te min, te laat’ beskou.
Die tydsberekening van hierdie pogings, wat saamval met Swapo se vrees om onder ’n meerderheidstem te val, gaan nie ongesiens verby nie, die kiesers sien dit,” het die akademikus van die Universiteit van Namibië (Unam) gesê.
“Soos Namibië die nasionale en presidensiële verkiesings nader, is die twee Kavangostreke geïdentifiseer as kritieke gebiede wat die uitslag aansienlik kan beïnvloed,” het Kamwanyah verduidelik.
“Hierdie streke was histories deurslaggewend in die bepaling van die sukses van die Swapo-party. Die huidige politieke klimaat dui egter daarop dat Swapo se oorheersing in die twee streke ernstig bedreig word en die party is deeglik bewus hiervan,” het hy gesê.
GEEN DISKRIMINASIE
Shaningwa het ontken dat die regerende party se onlangse obsessie met die Kavangostreke uit paniek spruit.
“Ons het ’n toegewyde program van waarheen om te gaan binne die 14 streke van die land en ons verwaarloos geen streek nie,” het sy gesê.
“Ons is in die weste, die suide, die noorde en oraloor. Ons doen wat ons veronderstel is om te doen.
“As party diskrimineer ons nie teen enigiemand nie, ons het ’n stem van almal nodig.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie