Gay nuptials Swapo not yet out of the closet.edited
Gay nuptials Swapo not yet out of the closet.edited

Swapo nog in kas oor gay kwessie

Yandi Du Plessis
Elizabeth Joseph- Ná die kansellasie van ’n mediakonferensie wat vir gister geskeduleer was, het Swapo aangekondig ’n omstrede onlangse uitspraak deur die hooggeregshof word verder bespreek.

Dit nadat die party Maandag ’n politburo-vergadering belê het om die uitspraak te bespreek wat die ministerie van binnelandse sake verplig om relevante verblyfregte aan buitelandse selfdegeslag-gades wat met Namibiërs getroud is, uit te reik.

Hilma Nicanor, Swapo se woordvoerder, het gister in ’n verklaring gesê die politburo het besluit dat ’n buitengewone vergadering van die sentrale komitee belê word om die nodige besluite te neem oor verskeie punte van kommer wat deur partylede en die algemene publiek geopper is.

Sy het ook geskryf die komitee sal “die verskeie beskikbare en wetlik lewensvatbare statutêre regstellende stappe oorweeg wat moontlik gedoen kan word”.

Die party het sy lede en die publiek versoek om intussen kalm te bly.

“Die Swapo-party sal alles doen wat hy kan – in ooreenstemming met die grondwetlike en wetlike vereistes – om ’n langdurige en aanvaarbare oplossing te vind,” het Nicanor gesê.

Tot dusver het die Swapo-jeugliga, Swapo se raad van oudstes (Spec), party-oorlogsveterane en die stigterspresident, Sam Nujoma, almal die hofuitspraak veroordeel, saam met Owambo tradisionele owerhede en afgetrede Lutherse biskoppe.

Hoewel Swapo nie amptelik sy standpunt oor die kwessie verklaar het nie, het hy gesê hy simpatiseer met die publiek se “angs en ongelukkigheid” en neem dit dus nie ligtelik op nie.

PROTESAKSIES

Namibiërs het die uitspraak met teenkanting uit talle oorde begroet, wat tot openbare betogings en arrestasies gelei het.

Die Koalisie van Kerke – gelei deur Shiley Magazi – het Vrydag ’n protesaksie teen die uitspraak gehou en ’n klagskrif aan die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit oorhandig.

Tydens die “vreedsame” betogings is vier lede van die LGBTQ-gemeenskap vlugtig by Zoo Park in hegtenis geneem en op ’n waarskuwing vrygelaat.

Volgens Nicanor het die party sedertdien verskeie navrae ontvang en ’n beroep is op Swapo gedoen om ’n openbare standpunt oor die saak in te neem.

WAG EERS

Republikein se susterkoerant, Namibian Sun, het gister berig Albert Kawana, die minister van binnelandse sake, gaan nie enige verblyfpermitte vir selfdegeslag-eggenote verwerk voordat hy van die prokureur-generaal (PG) se kantoor gehoor het nie.

Kawana het gesê die ministerie sal eers optree sodra die PG regsadvies gegee het.

“Alle navrae oor die planne om die hofuitspraak te gehoorsaam, moet aan die PG gerig word.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!