Swapo ontken bystand van China vir verkiesing
Party vra glo geldelike hulp
Swapo se sekretaris-generaal ontken gerugte dat die hoofkiesbeampte en 'n Chinese sakevrou deel was van haar afvaardiging na China.
Swapo ontken bewerings dat hy China se Kommunistiese Party gevra het vir finansiële bystand om te verseker dat die party die komende verkiesings in November wen.
Die party se sekretaris-generaal, Sophia Shaningwa, het dié opmerkings Saterdag by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako gemaak nadat sy van China af teruggekeer het.
Sy het wel genoem dat Swapo ’n spesiale politieke bilaterale verhouding met die kommunistiese party deel en dat daar niks onwelvoeglik is aan haar onlangse besoek nie.
Volgens Shaningwa was haar reis na China op 11 Mei ter voorbereiding van ’n politieke bilaterale verhouding en die bewerings dat hulle hulp gaan soek het voor November se verkiesing het as ’n verrassing gekom.
“Ek wil dit duidelik maak dat my reis na China, soos gewoonlik, bilateraal was. Ek is nie die eerste sekretaris-generaal wat China se Kommunistiese Party besoek het nie,” het sy gesê.
Sy het bygevoeg die twee partye sal voortgaan om mekaar by te staan, soos wat die geval was sedert die ontstaan van hul verhouding voor onafhanklikwording toe Sam Nujoma die Swapo-president was.
“Ons het daardie sustersvriendskap, en ons sal voortgaan om dit op ’n wedersydse basis te respekteer,” het sy gesê.
In reaksie op gerugte dat die omstrede sakevrou Stina Wu deel was van haar afvaardiging na China, het Shaningwa gesê: “Daar is geen Chinese burgers in die afvaardiging waarmee ek Namibië na China verlaat het nie. Die totaal van nege afgevaardigdes het lede van Swapo se sentrale komitee, ’n lid van die politburo, ’n jeugleier en ’n adjunkadministrateur in my kantoor ingesluit.”
NIKS ONWETTIG NIE
Daar was ook bewerings dat sy Peter Shaama, die hoofkiesbeampte van die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN), saam met haar geneem het om na bewering die stembriewe vir die November-verkiesing voor te berei.
“[Shaama] was nog nooit deel van my afvaardiging nie,” het sy gesê en bygevoeg dat die voorbereiding en hantering van stembriewe ’n kollektiewe proses is wat alle politieke partye insluit wat aan die verkiesings deelneem.
“Dis waar die gevaar is – dit werk nie so nie. Swapo is ’n party van orde wat die wet respekteer. Dit is baie onverantwoordelik van mense om die party se naam te begin beswadder. Ons doen niks onwettig nie,” het sy beklemtoon.
Shaningwa het verder beklemtoon dat dié gerugte wat mense versprei dat Shaama afgedank moet word aangesien hy haar glo na China vergesel het om stembriewe voor te berei, gevaarlik is aangesien stembriewe ’n politieke en sensitiewe saak is.
“Wat ons demokrasie betref, moet ons nie inligting [wat ons nie met feite kan staaf nie] aan die nasie gee net omdat ons goedkoop politieke punte wil aanteken nie.
“Swapo sal net soos almal in die ry wag om ingelig te word wanneer die stembriewe gereed is.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie