Swapo-presidentskandidaat: Slegs ’n vrouewedloop?
Saara en Netumbo se name in die hoed
Namate die tyd aanstap na die Swapo-kongres en vrae verskerp oor wie die potensiële kandidate vir die pos van visepresident en uiteindelik die party se kandidaat in die 2024-verkiesing kan wees, duik slegs twee name gereeld op.
Dit is dié van die party se huidige visepresident, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, wat verlede week bevestig het sy is ’n kandidaat, en dié van eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila.
Aanvanklik was nog twee name – dié van die minister van verdediging, mnr. Frans Kapofi en sy omgewingseweknie, mnr. Pohamba Shifeta – in die hoed. Die sogenaamde “Helmut-wysigings”, wat vereis dat presidensiële kandidate vir 10 opeenvolgende jare in die sentrale komitee en politburo moes dien, blyk vir Kapofi ‘n struikelblok te wees.
Selfs president Hage Geingob, wie se voorkeurkandidaat glo die man was wat hy ‘n jaar gelede tot die verdedigingsportefeulje bevorder het, kan blykbaar nie die wysigings – wat deur die partyveteraan Helmut Angula voorgestel en in die partygrondwet opgeneem is om “opportuniste” op ’n afstand te hou – omseil nie.
Shifeta bly ‘n gewilde figuur in die party as die onlangse uitkomste in die sentrale komitee-verkiesing enige aanduiding is, maar sy naam het verlore geraak midde die vrouepresident-narratief.
In die algemeen het sprake van sy verkiesbaarheid stoom verloor, maar hy kan nie onderskat word nie.
Swapo sou twee naweke gelede ‘n sentrale komiteevergadering hou waar kandidate na verwagting benoem sou word, maar dit is uitgestel weens Geingob se tante se begrafnis – wat ook intussen tot die afgelope Saterdag uitgestel is.
Die sentrale komitee sal nou na verwagting aan die einde van dié maand vergader – waar die benoemings waarskynlik sal plaasvind.
In die stadium lyk dit of net Nandi-Ndaitwah en Kuugongelwa-Amadhila besliste kandidate is, wat baie mense laat wonder of Swapo hulle moet staal vir ‘n geskiedkundige verkiesingskongres met vroue as die enigste mededingers vir presidentskandidaat.
OHANGWENA-OMUSATI-TWIS
“Netumbo is polities sterk, maar Saara het die sakegemeenskap agter haar. Ons kan eenvoudig nie voorspel wie bo sal uitkom nie,” het ‘n party-ingeligte verlede week gesê.
Waarnemers het gesê die nadeel van ’n wedloop tussen dié twee kandidate is dat dit nog ’n twis tussen Ohangwena en Omusati tot gevolg kan hê.
Die twee streke trek nog altyd tou oor politieke gesag binne Swapo. Juis om dié rede is die Rally for Democracy and Progress (RDP) gestig, wat hoofsaaklik deur die Ohangwena-faksie van Swapo gevorm is ná Swapo se bittere buitengewone kongres in 2004.
Politieke ontleders het gewaarsku vroeë tekens van belangstelling in die presidensiële pos deur Swapo-swaargewigte kan verdeeldheid aanwakker; iets wat die reeds brose regerende party nie kan bekostig nie.
Die kongres van 2017 het die party verdeel en dié verdeeldheid kry gedeeltelik die skuld vir Swapo se verlies van ’n tweederdemeerderheid in die algemene verkiesing van 2019.
Die politieke ontleder mnr. Ndumba Kamwanyah het aangevoer dit is ‘n goeie ding dat Geingob tot dusver sy kaarte styf teen sy bors gehou het wat sy voorkeurkandidaat – dalk tussen die twee vroue – betref.
“Ek dink dit is goed dat Geingob wag totdat al die potensiële kandidate hul kandidaatskap in die openbaar aangekondig het,” het hy gesê.
“Presidensiële ondersteuning dra baie invloed; daarom het dit die potensiaal om die natuurlike opvolgersproses te versteur. Ek dink later in die proses kan hy dit in die openbaar doen, maar nie so vroeg in die proses nie.
“Natuurlik kan hulle hul voorkeure hê, maar dit is beter om dit agter die skerms te doen totdat die proses gekonsolideer is. Swaargewigte in party wat hul voorneme so vroeg in die proses uitspreek, is ‘n resep vir verdere verdeeldheid,” het hy gesê.
‘POLITIEKE LOKVAL’
Kamwanyah stem egter nie saam met “die tyd het aangebreek vir ‘n vrouepresident”-mantra nie, en sê dit skep ‘n verkeerde presedent en is ’n “bose politieke lokval” wat geskep is toe steun aan Geingob as ’n president wat nie aan die Aawambo-stam behoort nie, beloof is.
“Die raamwerk moet nie wees dat dit tyd is vir ‘n vrou om oor te neem nie, maar eerder dat dit tyd is vir die regte en bekwame persoon om oor te neem. Die party het ’n vars en visioenêre leier nodig om dit na nuwe hoogtes te neem.”
Mnr. Graham Hopwood, ook ’n politieke ontleder, meen beide Nandi-Ndaitwah en Kuugongelwa-Amadhila is sterk kandidate wat hul prestasierekords in die party en die regering betref.
Hy is van mening dat Nandi-Ndaitwah deur sommige in die party as te oud vir die werk beskou kan word; terwyl Kuugongelwa-Amadhila ouderdom aan haar kant het, maar faktore wat verband hou met haar man se sakebedrywighede kan haar reputasie knou.
“Nandi-Ndaitwah se senioriteit sal goed ontvang word in dele van die party, maar kan diegene wat ‘n jonger, meer dinamiese leier wil sien, afskrik. Terselfdertyd het Kuugongelwa-Amadhila ‘n gebrek aan politieke charisma en blyk of sy oor die jare ‘n meer verdedigende houding oor die regering se rekord aangeneem het,” het hy gesê.
Gewoonlik bevorder kandidate hulself nie in die openbaar vir Swapo-poste totdat ‘n amptelike tydperk vir benoemings geopen is nie, wat volgens Hopwood een van die redes is waarom daar net gissings oor die potensiële kandidate is.
“In ag genome die skade wat die verskillende kampe in 2017 aangerig het, sal dit interessant wees om te sien of die party met ‘n konsensus-kandidaat vorendag kan kom en of die kompetisie weer oop sal wees.”
‘PROBLEEM OPGELOS’
Nog ‘n kwessie wat waarskynlik in hierdie wedloop kop kan uitsteek, is Nandi-Ndaitwah se band met die Rally for Democracy and Progress (RDP), wat in die vroeë 2000’s van Swapo weggebreek het.
Hopwood meen egter Nandi-Ndaitwah was nog altyd baie lojaal aan die regerende party, terwyl sy dalk simpatiek was teenoor die stigter van die RDP, wyle mnr. Hidipo Hamutenya.
Me. Hilma Nicanor, Swapo se woordvoerder, het onlangs gesê die party gaan sy kongres met mening binne, met vertroue dat hy die verdeeldheid van die verlede agtergelaat het.
“Ons leuse is dat almal die party se grondwetlike bepalings moet respekteer en gehoorsaam, veral wanneer dit by benoemings en kandidate vir poste kom.
“Die kwessie van die kampe is uit die weg geruim toe ons ons introspeksiesessie gehad het. Daardie kwessie het regtig baie aandag geniet in die partystruktuur, [maar] dit is nie meer ‘n probleem nie,” het sy gesê. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie