Swapo: Regering moet vryheidsvegters betaal
Veterane 'raak ongeduldig'
Swapo het die regering opdrag gegee om voorsiening te maak om uitbetalings aan voormalige vryheidsvegters teen 2024 af te handel.
Ogone Tlhage – ’n Resolusie is by die onlangse Swapo-kongres aanvaar waarvolgens die regering moet verseker dat veterane van Namibië se onafhanklikheidstryd al hul uitstaande gelde voor 2024 ontvang.
Die opdrag is skynbaar om veterane – wat koppe stamp met die regering oor onbetaalde projekgelde – te paai voor die algemene verkiesing in 2024.
“Die party beveel die regering om die kontantuitbetaling aan veterane van die vryheidstryd voor 2024 ten volle af te handel, en om die veteranevereniging se aansoek om geaffilieerde lidmaatskap te bespoedig en af te handel,” lui die konsepresolusie.
Nog ’n resolusie wat aanvaar is om veterane se lewensomstandighede te verbeter, behels landbouprojekte waarvoor hulle as begunstigdes gelys is.
“Swapo beveel die regering om ’n doelgerigte landboubemagtigingsprogram vir die jeug, vroue, mense met gestremdhede, gemarginaliseerde gemeenskappe en die veterane van die nasionale vryheidstryd te implementeer.”
HULPBRONNE
Frans Kapofi, minister van verdediging en veteraansake, het in Oktober gesê hoewel die regering vryheidsvegters se pleidooie hoor, is daar ook ander prioriteite wat aandag moet geniet.
“Die regering finansier almal. Dit kan nie net veterane se projekte finansier nie. Ons moet net tevrede wees met wat ons het.
“Ons het kamerade in die oorlog verloor. Hulle kon nie eens ’n sent kry nie. Nie eens hul eie kinders nie. Diegene van ons wat vandag hier is, moet dankbaar wees vir wat die regering vir ons doen,” het hy destyds gesê.
Kapofi, wat ook ’n afgevaardigde by die kongres was, het Woensdag by navraag vir kommentaar oor Swapo se opdrag gesê: “Dit is slegs implementeerbaar gegewe dat sekere hulpbronne beskikbaar is. Daardie resolusies sal deur die regering aangeneem moet word. Alle resolusies wat aangeneem is, sal oorweeg word en die regering sal kyk na dié wat aangeneem kan word.”
Kapofi, wat ’n kandidaat was vir Swapo se visepresident voordat hy dié wedloop vroeg verlaat het, het bygevoeg: “Vir nou hoop ek die regering sal daardie hulpbronne kan vind om voor 2024 daaraan aandag te gee.”
SAL NIE TERUGSTAAN
Die Plan Combatants Association het gesê hoewel hy simpatiseer met die regering se onsekere finansiële posisie, volstaan hy by sy eise.
Bamba Nghipandua, die voorsitter, het dié stap deur Swapo verwelkom en gesê hy is bly dat dit op partyvlak aanvaar is.
“Ons het daardie resolusie by die nasionale beleidskonferensie voorgestel. Dit is goed dat die kongres dit aanvaar het,” het hy gesê.
Hy het bygevoeg dat veterane besig is om te sterf en dit is net regverdig dat hulle beloon word terwyl hulle nog lewe.
“Die vegters word oud en die sterftesyfer onder hulle is baie hoog. Ek weet sommige mense wil dit aan die verkiesing koppel, maar dit is nie so nie. Ons argument is gebaseer op hul lewensverwagting, wat ongeveer 65 is.
“Hierdie vorm van vergoeding was veronderstel om hulle gedurende hul betekenisvolle lewens te onderhou.”
NIE ONS PROBLEEM
Nghipandua het bygevoeg hoewel hulle bewus is van die regering se geldprobleme, is dit noodsaaklik dat die finansies verseker word om uitbetalings aan die vegters te finansier.
“Of die regering geld het of nie, is nie ’n probleem vir ons nie. Die regering het gesloer en baie verskonings gegee. Dit is die regering se verantwoordelikheid om te sien waar hulle hierdie geld kan kry,” het hy gesê.
Hy het bygevoeg die veterane is besig om ongeduldig te raak.
“Voormalige vegters verloor ook geduld. ’n Honger man is ’n kwaai man.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie