Swapo en PDM het die meeste setels tydens verlede jaar se verkiesings verloor. Foto argief
Swapo en PDM het die meeste setels tydens verlede jaar se verkiesings verloor. Foto argief

Swapo sal byna N$13 m jaarliks verloor

PDM kan N$12 m kwyt wees
Swapo en PDM sal na verwagting die grootste verliese ná verlede jaar se verkiesings ly.
Kenya Kambowe
Die regerende party sal jaarliks N$13 miljoen verloor ná die verlies van 12 setels in die Nasionale Vergadering in laasjaar se nasionale verkiesing. Die Popular Democratic Movement se verlies staan op N$12 miljoen ’n jaar ná die verlies van 11 setels.



Openbare finansiering vir politieke partye word elke kwartaal uitgegee, met toekennings wat bepaal word deur die aantal parlementêre setels wat elke party beset.

Swapo beset tans 63 setels in die Nasionale Vergadering. Met elke setel wat gevalueer is teen ongeveer N$1,1 miljoen jaarliks, verdien die party sedert Maart 2020 sowat N$69,3 miljoen per jaar. Swapo verdien ook byna N$30 miljoen elke jaar vir sy 27 setels in die Nasionale Raad ná die streeksverkiesings in 2020.

Die vermindering van setels sal die party se finansies erg raak, aangesien hy voorheen ’n baie groter begroting gehad het weens sy meerderheid in die parlement.

PDM-AFNAME

Die amptelike opposisieparty, PDM, beset tans 16 setels in die Nasionale Vergadering ingevolge die 2019 verkiesings en verdien daarvoor N$18 miljoen elke jaar. Met twee setels in die Nasionale Raad ter waarde van N$2,2 miljoen ’n jaar, ontvang die party altesaam N$20,2 miljoen ’n jaar. Sy verlies aan setels na hy slegs vyf setels in die Nasionale Vergadering gekry het in die 2024 verkiesings saal na verwagting die PDM se jaarlikse finansies ’n bloutjie toedien.

ANDER PARTYE

Die Independent Patriots for Change (IPC), wat ’n merkwaardige rolspeler in die 2020 verkiesings was, sal na verwagting N$22 miljoen elke jaar ontvang vir sy 20 setels in die Nasionale Vergadering. Die IPC beset ook twee setels in die Nasionale Raad, wat nou N$2,2 miljoen jaarliks tot sy finansiering bydra.

Die Affirmative Repositioning (AR)-beweging het ses setels in die Nasionale Veradering gekry en sal na verwagting N$6,6 miljoen jaarliks verdien. Die Landless People's Movement (LPM) het sy vier setels in die Nasionale Vergadering vermeerder na vyf, en sal dus na verwagting sy finansiering van N$4,4 miljoen na N$5,5 miljoen verhoog. Die LPM beset ook ses setels in die Nasionale Raad en genereer daardeur sedert 2021 jaarliks N$6,6 miljoen.

GEVOLGE

Die politieke kommentator Ndumba Kamwanyah het die finansiële en politieke implikasies van Swapo en PDM se verlies aan setels uitgelig.

"’n Verminderde aantal setels het ’n direkte impak op ’n party se finansiële toekenning en wat sy vermoë beïnvloed om behoorlik 'n impak te maak," het hy gesê.

Kamwanyah het ook gesê dat Swapo se voortgesette afname in parlementêre verteenwoordiging sedert 2019 dui op kwynende steun.

"Hierdie tendens is kommerwekkend vir Swapo. Hulle moet herorganiseer en daaraan werk om steun terug te wen voor vanjaar se streeks- en plaaslike verkiesings. As die afwaartse tendens aanhou, mag dit nog probleme vir die party voorspel."

Ten spyte van die verliese het Kamwanyah erken dat Swapo steeds merkwaardige finansiering geniet, al is dit minder as vorige jare toe die party ’n sterker meerderheid geniet het in die parlement.

Vir die PDM bring die skerp afname in inkomste uitdagings in die onderhoud van sy bedryfskapasiteit en politieke invloed. Die komende streeks- en plaaslike verkiesings word gesien as ’n kritieke oomblik vir Swapo om die moontlikheid van ’n powere toekoms om te draai.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 18° | 28° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 19° | 33° Omaruru: 19° | 35° Windhoek: 19° | 33° Gobabis: 21° | 34° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 17° | 23° Rehoboth: 19° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 19° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 20° | 37° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 21° | 33° Lubumbashi: 16° | 22° Mbabane: 17° | 28° Maseru: 17° | 33° Antananarivo: 16° | 31° Lilongwe: 19° | 25° Maputo: 20° | 33° Windhoek: 19° | 33° Cape Town: 17° | 25° Durban: 20° | 29° Johannesburg: 18° | 30° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 17° | 27° Harare: 18° | 24° #REF! #REF!