Swapo se interne stryd om parlementêre setels begin
Regerende party kies hul wetgewers
'n Aantal voormalige wetgewers sal dié naweek aan Swapo se kieskollege deelneem met die hoop om terug na die Nasionale Vergadering te keer.
Mathias Haufiku en Jemima Beukes – Meer as 240 lede van Swapo sal na verwagting Saterdag by die Gateway-sentrum in Khomasdal saamtrek vir die opening van dié party se kieskollege.
Daar is bekende name op die kandidatelys wat moet meeding vir ’n plek op die party se parlementêre lys wat 96 kandidate kan akkommodeer. Die stemproses sal Sondag plaasvind.
Bronne in die party se binnekringe sê die interne soektog na stemme is in volle swang, met kandidate wat afgevaardigdes met aandetes trakteer, politieke gunste belowe en in sommige gevalle kontantbetalings maak om stemme te verseker.
Verskeie oudministers en adjunkministers voel steeds hulle het die kennis, ervaring en energie om parlementariërs te word.
Minstens vyf voormalige ministers en adjunkministers het veldtogte van stapel gestuur om ná ’n paar termyne na die Nasionale Vergadering (NV) terug te keer, aangesien hulle voel dat die aanloklikheid van ’n onvoltooide parlementêre taak te groot is om te weerstaan.
Dit sluit in Alpheus !Naruseb (minister van landbou), Lempy Lucas (voormalige adjunkminister van verdediging), Pendukeni Iivula-Ithana (voormalige minister van binnelandse sake), Paulus Kapia (voormalige adjunkminister van werke) en Tommy Nambahu (voormalige adjunkminister van justisie).
Gesoute diplomaat, dr. Kaire Mbuende, is onder diegene wat voel hulle het nog baie om as wetgewer te bied.
HET NOG OM TE BIED
Ná ’n 20 jaar lange parlementêre breuk meen Mbuende “dit is ’n kritieke punt in die Namibiese geskiedenis en niemand moet uitgelaat word nie. Alle bekwame Namibiërs moet ingespan word om die nasie te bou”.
Mbuende was die veldtogbestuurder vir Netumbo Nandi-Ndaitwah tydens die Swapo-kongres in 2022 waartydens sy as die party se visepresident verkies is.
Hy word nou as ’n potensiële kandidaat voorgehou om die land se visepresidentsposisie te beklee sou Nandi-Ndaitwah die nasionale presidensiële verkiesing wen. Hy het egter dié bewerings gister tydens ’n onderhoud met Network Media Hub (NMH) afgemaak.
“Ek mik nie vir enige posisie nie en die president het my geen posisie belowe nie.
“Die omvang vir my is gebaseer op my ervaring en ek glo ons het baie gedoen as ’n land, maar daar is steeds uitdagings. Ons moet al ons hulpbronne mobiliseer,” het Mbuende gesê, wat sy 71ste verjaardag ’n dag ná die stemdag op 27 November sal vier.
Tommy Nambahu, die voormalige adjunkminister van justisie, is ook van mening dat sy politieke tenk nog nie leeg is nie.
Nambahu, wat voorheen as adjunkminister in drie ministeries gedien het, het gesê hy het nog baie om te bied en glo hy het die ervaring en kapasiteit om die nuwe regering te help om hierdie land vorentoe te neem.
“Ek was nooit ’n volle minister nie. Die land het mense met ideologie nodig. Dit beteken nie alle jongmense het ’n ideologie nie. Jy sien, baie jongmense is bedrieërs en is oneties.
“Dit hang regtig af waarna jy in ’n kandidaat soek en watter visie hulle vir die land het. Jy kan ’n visie hê, maar as jy niks in jou arsenaal het nie beteken dit niks. Jy kan net ’n stelsel hervorm indien jy daar was,” het die 64-jarige gesê.
Hy vertel ook dat baie van hulle uitgeskop is deur die oudministers omdat hulle glo bang was vir hulle programme.
“Ons voel dat dit onafgehandelde sake is.”
SOMMIGES STEL NIE BELANG
Terwyl ander veg om na die parlement terug te keer, het ander vrywillig besluit om nie deel van die wedloop te wees nie.
Dit word verneem dat die Swapo-sekretariaat kennisgewing van verskeie vooraanstaande partylede ontvang het wat hul outomatiese nominasies van die hand gewys het. Dit sluit glo onder andere John Mutorwa, Doreen Sioka, Calle Schlettwein, Peter Katjavivi, Sisa Namandje, Imms Namaseb, Armas Amukwiyu en Elia Kaiyamo in.
Daar is ook verskeie prominente partylede wat nie in die wedloop vir ’n plek op die lys sal deelneem nie nadat hulle versuim het om hul vereiste nominasies tydens die kompetisies binne die strukture te verkry. Dit sluit in die voormalige minister van gesondheid, dr. Bernard Haufiku, en die voormalige adjunkminister van werke, James Sankwasa. Ander lede wat versuim het om dit te maak, sluit in die goewerneur vir die Oshanastreek, Elia Irimari, ||Kharas-goewerneur Aletha Frederick, vakbondlid Phillip Munenguni en sakeman Lazarus Jacobs.
Beide die jeugliga en Swapo se raad van oudstes sal ook elk ses kandidate vir die kieskollege stuur, terwyl die vroueraad 10 kandidate sal hê en die Nasionale Unie vir Namibiese Werkers (NUNW) ses kandidate.
Die sentrale komiteelede word outomaties as kandidate genomineer en die huidige Swapo-parlementslede wat nie deel van die sentrale komitee is nie, is ook outomatiese afgevaardigdes.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie