Swapo sleep voete met behuising
Die voorsitter van Swapo se dinkskrum, Andrew Niikondo, sê informele nedersettings gaan in die afsienbare toekoms ‘n werklikheid bly, maar die regering behoort die beeld van plakkershuise met ‘n wegspringprojek te poets.
Dit is die siening van Niikondo en sy medeskrywer, Herman Shitaleni, in ‘n voorlegging vir die komende Swapo-beleidskonferensie. Dié konferensie gaan ‘n aanduiding van die party se ontwikkelingsagenda wees.
Die skrywers se standpunt is in skrille kontras met pres. Hage Geingob se droom om plakkershuise teen 2024 uit die Namibiese landskap te verwyder. Dié onderneming is in 2019 gemaak toe Geingob die leefwyse van informele nedersetters as ‘n humanitêre krisis verklaar het. Sy droom vervaag daagliks.
Statistiek van die Shack Dwellers Federation of Namibia (SFDN) toon sowat ‘n miljoen Namibiërs het in 2020 in plakkershuise oraloor die land gewoon.
Niikondo en Shitaleni se verslag bevat verskeie voorstelle om die toenemende plakkerskrisis te beredder. Hulle stel onder meer die vestigting van ‘n nuwe soort informele nedersetting voor wat ontwikkelingsvriendelik met minimale gesondheidsrisiko’s is.
Swapo se beleidskonferensie behoort ‘n resolusie vir ‘n wegspringprojek met beter behuising, sanitasie, munisipale dienste en leefstandaarde in Windhoek te aanvaar. Die party moet die regering beopdrag om grond hiervoor te bekom, luidens die voorlegging.
LAAT HULLE WERK
Nog ‘n lid van die dinkskrum, Uazuva Kaumbi, glo informele nedersettings behoort formele status te verkry sodat inwoners lenings kan bekom om ordentlike huise te bou.
Die regering moet die diens van erwe in stedelike gebiede en informele nedersettings versnel sodat die formaliseringsproses glad verloop, aldus Kaumbi.
“Ek stel gekoördineerde ingrypings deur die sentrale regering, asook die streek- en plaaslike owerhede voor om die lewering van behuising vir lae- en middel-inkomsteverdieners ‘n hupstoot te gee. Die regering moet ook in ‘n finansiële produk vir lae-inkomstegroepe belê sodat hulle huise kan bou,” sê hy.
Kaumbi meen ‘n gesentraliseerde konstruksieprojek vir sanitasie-infrastruktuur is die mees geskikste oplossing en dat tenderprosesse geskrap moet word. Instede daarvan moet die informele nedersetters self aan die huise werk in ruil vir voedsel.
PRAAT IS MAKLIK
Die dinkskrum se aanbevelings volg meer as tien jaar ná Swapo vir hulself ‘n string teikens gestel het om ordentlike behuising en beter lewens vir mense in informele nedersettings te voorsien.
Die regerende party het egter klaaglik hierin misluk: Informele nedersettings skiet oraloor die land op met dié dat grondlose en werklose mense wonings soek.
Namibiërs wat in informele nedersettings woon, leef onder haglike omstandighede met voortdurende tekorte aan water en sanitasie wat tot verskeie uitbrekings van hepatitis E gelei het.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie