Swapo soek ’n sosialistiese ekonomie
Brigitte Weidlich – Die regerende party wil nou ’n sosialistiese benadering tot Namibië se ekonomie neem – met “Namibiese kenmerke”.
Só het president Hage Geingob die afgelope Saterdag tydens die Swapo-skool se gradeplegtigheid aangekondig.
Die party het reeds aan die einde van 2018 – vyf jaar gelede – op ’n spesiale partykongres oor die ekonomiese herskikking besluit. Op 10 April 2021 het die partyleierskap ’n geleentheid by die Swapo-skool gehou om die besonderhede van hierdie plan te bespreek. Die byna vyf uur lange vergadering is regstreeks uitgesaai.
Sedertdien is niks verder daaroor aan die publiek bekend gemaak nie.
Geingob het Saterdag by die gradeplegtigheid van kaders wat kursusse by die partyskool onder rektor Charles Lubita voltooi het, gesê hulle is nou deel van Swapo se “intelligentsia”. Hy het gesê hy is bewus daarvan dat hul dosente en die partyskool se toesighoudende raad al ’n geruime tyd aan ’n konsepdokument vir ekonomiese verandering werk.
“Hulle het die mandaat gehad om ’n referaat voor te berei vir die tweede stryd, dié van ‘ekonomiese emansipasie deur sosialisme met Namibiese kenmerke’. Ek het nou die dokument ontvang wat ons binnekort sal finaliseer voordat dit by die Swapo politburo ingedien word,” het Geingob gesê.
Hy het in sy toespraak beklemtoon dat nuwe nywerhede binnekort in Namibië, in die groenwaterstof- en olie- en gassektore, sal ontstaan. Hy het bygevoeg dat daar ook ontwikkeling in die produksiesektor sal wees, aangesien die regering besluit het om die uitvoer van onverwerkte grondstowwe te staak.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie