Swapo verdeel oor sy visepresident se magte
’n Uitdaging staar Swapo in die gesig aangesien 10 kandidate vir die parlement verkies moet word.
Dié verantwoordelikheid word deur Swapo se grondwet aan die party se president oorgelaat, maar hierdie pos is tans vakant.
Swapo se grondwet maak glo voorsiening vir sy visepresident, Netumbo Nandi-Ndaitwah, om al die magte van die party se president uit te oefen in die afwesigheid van ’n president. Die hoogste posisie in Swapo is egter steeds vakant nadat Hage Geingob in Februarie gesterf het.
Lede van die party vrees egter dat Swapo nie meer setels in die November-verkiesing sal kry nie, aangesien verskeie opposisiepartye hul steunbasisse versterk het en die regerende party se posisie in plaaslike en streekverkiesings verswak het.
Sommige lede meen Nandi-Ndaitwah sal voorkeur gee aan partylede wat in die party se 2022-verkiesingskongres lojaliteit aan haar getoon het.
“As die party se grondwet die hoogste wet is, hoekom hou ons nie ’n buitengewone kongres nie? Dit wys duidelik dat hulle die grondwet net tot hulle eie voordeel wil gebruik, maar nie wanneer dit nodig is nie,” het ’n Swapo-lid wat anoniem wou bly, aangevoer.
Die bron het ook verwys na die onlangse onenigheid waarby die regerende party betrokke was, waar sommige lede ’n aansoek in die hoërhof ingedien het om ’n bevel te vra wat die party dwing om ’n buitengewone kongres te hou om sy presidentskandidaat vir die 2024-verkiesing te bevestig.
Swapo-lede Reinhold Shipwikineni, Petrus Shituula, Joshua Martins, Erich Shivute en Aina Angula het die voortou in hierdie aansoek geneem. Hulle word deur die prokureur Richard Metcalfe verteenwoordig.
Artikel 15 (9) van die party se grondwet vereis dat, onder omstandighede soos die dood van die partyleier, die sentrale komitee – die hoogste besluitnemende liggaam tussen kongresse – binne drie maande ’n buitengewone verkiesingskongres moet belê.
“As die party se grondwet wat hulle gebruik om Nandi-Ndaitwah te bemagtig is waarin hulle glo, hoekom bevind ons ons in ’n situasie waar die party hof toe gesleep word weens minagting van sy eie grondwet. Die party moet fokus op die November-verkiesing en nie die hofsaak nie,” het die bron bygevoeg.
“As die party sy saak verloor, hoe sal die kiesers ons met hul stemme vertrou as ons nie in ons eie partygrondwet glo nie?”
Die politieke kommentator en Swapo-lid, Stephanus Pombili, het aangevoer dat diegene wat die verontagsaming van Swapo se grondwet goedpraat, vir Nandi-Ndaitwah heuning om die mond wil smeer tot hul eie voordeel.
Pombili meen die grondwet is duidelik dat Nandi-Ndaitwah as die visepresident net as die president kan optree as daar minder as ses maande tot ’n volgende verkiesingskongres is en met die volgende Swapo-kongres meer as drie jaar van nou af, verduidelik hy dat sy nie geregtig op die magte van die partypresident nie. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie