SWAPO’S STANCE: Swapo has instructed government to draft laws allowing marriage between a man and woman only.
SWAPO’S STANCE: Swapo has instructed government to draft laws allowing marriage between a man and woman only.

Swapo wil ‘eggenoot’ duidelik definieer

Wysiging van wetgewing
Swapo se sentrale komitee gaan nie inmeng by 'n hofbesluit wat reeds geneem is nie.
Henriette Lamprecht
Ogone Tlhage – Swapo se sentrale komitee (CC) gaan die regering opdrag gee om “onmiddellik’ uitvoerende en wetgewende stappe te neem om die woord “eggenoot” duidelik te definieer in ooreenstemming met Namibië se definisie van die huwelik wat ’n verbintenis tussen ’n man en ’n vrou is.

Dit volg op ’n vergadering wat die naweek gehou is om die gevolge van ’n hooggeregshof-uitspraak oor die kwessie van selfdegeslaghuwelike te bespreek. In reaksie op die uitslag van die uitspraak het Hilma Nicanor, Swapo se woordvoerder, tydens ’n mediakonferensie gesê die regering is aangesê om wette op te stel wat die grense van die huwelik duidelik bepaal.

“Die komitee, wat die saak noukeurig oorweeg en daaroor besin het, het dus besluit om die regering te beveel om onmiddellik uitvoerende en wetgewende stappe te neem wat daarop gemik is om ’n definisie van die woord ‘eggenoot’ wat aan die Namibiese wet voldoen, in die wet op immigrasiebeheer in te sluit, welke definisie onvermydelik die gemeneregbeginsel wysig wat deur die hooggeregshof toegepas word slegs vir die doeleindes van artikel 2 (1) (c) van die wet,” het Nicanor gesê.

Die party het ook gevoel dit is nodig om sy standpunt oor die aangeleentheid te bespreek oor wat hy as verwarring beskryf het ná die uitspraak van die hooggeregshof.

“As gevolg van wat lyk soos heelwat verwarring oor die omvang en aard van die hooggeregshof se uitspraak, is dit belangrik dat ons ons lede en die publiek inlig die hooggeregshof het self ingevolge paragraaf 134 van sy uitspraak daarop gewys dat, in die lig van die feit dat huwelike veelvuldig en veelvlakkig is, die uitspraak slegs van toepassing is op die erkenning van buitelandse gades in wettige selfdegeslaghuwelike vir doeleindes van artikel 2(1)(c) van die immigrasiebeheerwet,” sê Nicanor.

“Die komitee het opgemerk die uitspraak, wanneer dit ordentlik oorweeg en gelees word, erken nie selfdegeslaghuwelike oor die algemeen soos wat sommiges wil voorgee nie. Dit het ’n beperkte omvang en uitwerking.”

Swapo gaan ook nie inmeng by ’n hofbeslissing wat reeds geneem is nie, het sy beklemtoon.

“Die komitee beklemtoon en herbevestig nieteenstaande sy kommer en teleurstelling oor die uitspraak en die Swapo-party se verbintenis tot die grondwetlike bepalings onder artikel 78 (3). Dit is dat daar nie by die regstelsel ingemeng word nie, sowel as die beskerming van die waardigheid en doeltreffendheid van die howe,” het Nicanor gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!