SECRETARY-GENERAL: The Swapo secretary-general Sophia Shaningwa at a mini rally in Rundu. Photo Nikanor Nangolo
SECRETARY-GENERAL: The Swapo secretary-general Sophia Shaningwa at a mini rally in Rundu. Photo Nikanor Nangolo

Swapo wil verlore steun terugwen

Opposisiepartye wen veld in 2019 en 2020
Swapo se stemme het tot 65% in die algemene verkiesing in 2019 gedaal, vergeleke met 80% in 2014.
Nikanor Nangolo
Swapo wil sy tweederdemeerderheid in die komende verkiesing terugwen, ’n posisie wat hy verloor het ná die presidensiële verkiesing in 2019, aldus die party se sekretaris-generaal, Sophia Shaningwa.

Swapo se stemme het tot 65% in die algemene verkiesing in 2019 gedaal, vergeleke met 80% in 2014. Sy kandidaat, wyle president Hage Geingob, het 56,3% van die stemme op hom verenig, ’n beduidende daling van die 87% in 2014.

Die regerende party se steun het getuimel van 83% in 2015 se streekverkiesings tot 57% in 2020, en van 74% in die 2015-verkiesing vir plaaslike owerhede tot 40% in 2020.

Swapo het in 2015 ’n meerderheid in 52 uit die 57 plaaslike owerhede gehad; die 2020-verkiesing het egter meegebring dat die party sy meerderheid in 33 plaaslike owerhede verloor het, met die grootste verliese wat in die sentrale en suidelike gebiede gesien is.

Opposisiepartye het veld tydens die 2019- en 2020-verkiesing gewen, wat Swapo se jarelange oorheersing uitgedaag het.

REGISTREER OM TE STEM

Shaningwa het verlede week tydens 'n verkiesingsaamtrek op Rundu gepraat en partylede aangemoedig om te registreer om te stem wanneer die registrasietydperk amptelik begin.

“Registrasie [speel] ’n kritieke rol om oorheersing terug te wen. Oorwinning kan slegs behaal word deur onsself by die algemene registrasie van kiesers op 3 Junie te registreer. Dit is die wapen wat ons nodig het om ons presidensiële kandidaat, Netumbo Nandi-Ndaitwah, te help om te wen wanneer dit tyd is om te stem,” het sy gesê.

Shaningwa het bygevoeg: “Onafhanklikheid beteken dat ons hard moet werk om aan bewind te bly en die winste van ons gevalle helde en heldinne te respekteer.

“Geen nasie kan op sy eie staan ​​nie, veral een wat nie aan sy eie produksie deelneem om sy mense te voed nie. Ons weet reeds wat dit beteken as die nasie nie homself kan voed nie en dit is nie ’n nasie nie. ’n Nasie moet homself kan voed.”

Shaningwa het ook ’n beroep op lede gedoen om nie partyleiers te beledig nie.

“Jy hoef nie jou leiers te beledig nie. Ons is hier om te dien en nie teen jou te baklei nie. Praat net beleefd met ons en ons sal ons bes doen om jou bekommernisse te takel.

“En wat die politieke leiers van die Kavangostreke betref, veral die goewerneur, moet [hulle] seker maak dat kos nie in die pakhuise vrot terwyl mense honger ly nie,” het sy gesê.

GROENSKEMAS

Shaningwa het ook ’n onlangse besluit onthul om die herlewing van groenskemas in die Zambezi- en Kavangostreke te finansier.

“Verskeie uitdagings staar sommige groenskemas, wat landbouprojekte is wat daarop gemik is om plaaslike voedselproduksie ’n hupstoot te gee, in die gesig.

“Die visepresident, Nandi-Ndaitwah, het verlede maand byna al die groenskemas besoek en aan president Nangolo Mbumba en die eerste minister, Saara Kuugongelwa-Amadhila, gerapporteer oor die noodsaaklikheid om hulle in hierdie gebied te laat herleef,” het sy gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Airlink Pumas 14 vs 41 Toyota Cheetahs XV | Fidelity ADT Lions 62 vs 5 NovaVit Griffons | Suzuki Griquas 37 vs 29 DHL Western Province Rugby Championship: Argentina 67 vs 27 Australia | Springboks 18 vs 12 New Zealand Katima Mulilo: 17° | 36° Rundu: 16° | 38° Eenhana: 15° | 38° Oshakati: 16° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 16° | 32° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 14° | 28° Gobabis: 12° | 31° Henties Bay: 11° | 15° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:19, High tide: 13:46, Low Tide: 19:48, High tide: 02:00 Swakopmund: 12° | 13° Wind speed: 22km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:17, High tide: 13:44, Low Tide: 19:46, High tide: 02:00 Walvis Bay: 10° | 19° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:17, High tide: 13:43, Low Tide: 19:46, High tide: 02:00 Rehoboth: 14° | 30° Mariental: 13° | 30° Keetmanshoop: 11° | 25° Aranos: 13° | 32° Lüderitz: 10° | 25° Ariamsvlei: 10° | 23° Oranjemund: 10° | 16° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 15° | 33° Lubumbashi: 17° | 36° Mbabane: 14° | 32° Maseru: 8° | 25° Antananarivo: 11° | 27° Lilongwe: 18° | 30° Maputo: 21° | 36° Windhoek: 14° | 28° Cape Town: 11° | 14° Durban: 15° | 22° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 19° | 32° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.39 | EUR to NAD 19.77 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 17.85 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.18 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.86 | USD to AOA 920.38 | USD to BWP 13.26 | USD to EGP 48.39 | USD to KES 128.23 | USD to NGN 1620.02 | USD to ZAR 17.85 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1770.56 Down -1.47% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13911.35 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31029.7 Up +0.10% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 497.56/OZ DOWN -0.0079 | Copper US$ 4.04/lb DOWN -0.0194 | Zinc US$ 2 721.80/T DOWN -0.3% | Brent Crude Oil US$ 72.03/BBP DOWN -0.0187 | Platinum US$ 919.13/OZ DOWN -0.007 Sport results: Currie Cup: Airlink Pumas 14 vs 41 Toyota Cheetahs XV | Fidelity ADT Lions 62 vs 5 NovaVit Griffons | Suzuki Griquas 37 vs 29 DHL Western Province Rugby Championship: Argentina 67 vs 27 Australia | Springboks 18 vs 12 New Zealand Weather: Katima Mulilo: 17° | 36° Rundu: 16° | 38° Eenhana: 15° | 38° Oshakati: 16° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 16° | 32° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 14° | 28° Gobabis: 12° | 31° Henties Bay: 11° | 15° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:19, High tide: 13:46, Low Tide: 19:48, High tide: 02:00 Swakopmund: 12° | 13° Wind speed: 22km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:17, High tide: 13:44, Low Tide: 19:46, High tide: 02:00 Walvis Bay: 10° | 19° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:17, High tide: 13:43, Low Tide: 19:46, High tide: 02:00 Rehoboth: 14° | 30° Mariental: 13° | 30° Keetmanshoop: 11° | 25° Aranos: 13° | 32° Lüderitz: 10° | 25° Ariamsvlei: 10° | 23° Oranjemund: 10° | 16° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 15° | 33° Lubumbashi: 17° | 36° Mbabane: 14° | 32° Maseru: 8° | 25° Antananarivo: 11° | 27° Lilongwe: 18° | 30° Maputo: 21° | 36° Windhoek: 14° | 28° Cape Town: 11° | 14° Durban: 15° | 22° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 19° | 32° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.39 | EUR to NAD 19.77 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 17.85 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.18 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.86 | USD to AOA 920.38 | USD to BWP 13.26 | USD to EGP 48.39 | USD to KES 128.23 | USD to NGN 1620.02 | USD to ZAR 17.85 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1770.56 Down -1.47% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13911.35 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31029.7 Up +0.10% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 497.56/OZ DOWN -0.0079 | Copper US$ 4.04/lb DOWN -0.0194 | Zinc US$ 2 721.80/T DOWN -0.3% | Brent Crude Oil US$ 72.03/BBP DOWN -0.0187 | Platinum US$ 919.13/OZ DOWN -0.007